Mooimelk Koeihotel Mooimelk Koeihotel
      Die Mooimelk Koeihotel 
 

lê in die waai van die Visrivier naby Cookhouse

in die Oos Kaap. Gerdie, Lorenda en seun Chris
Landman, is die eienaars en bestuur self die Koeihotel.

Hier word hul eie beeste, asook dié van die beleggers, versorg.

Met behulp van ses bestuurders en 40 werkers is dié toegewyde span verantwoordelik vir die verskillende afdelings en take wat verrig moet word.

Die plaas het 440 ha besproeiingslande waar voer vir meer as 2 500 Holstein beeste geproduseer word. Lusern, mielies en hawer word op ‘n roterende basis in die vrugbare grond van die Visrivier verbou. Die benutting van voer in die groen stadium, maak dit moontlik om drie gewasse per jaar op dieselfde grond te verbou.
 
Mooimelk Koeihotel logo

ENGLISH >>

Tuisblad | Agtergrond | Bestuur | Belegging | Risiko en Sekuriteit | Deelnemers | Publikasies | Kontak Ons

                 

#Copyright Mooimelk Koeihotel