|
Die
Holsteinkudde bestaan uit sowat 2 000
melkkoeie droog en dragtig. Daar is nog
sowat 2 000 verse en jong beeste = 4 000
diere in totaal. Dr. Thys Potgieter (Sel
nommer 082 789 7086) van Alexandria is die
kudde veearts. Hy besoek die kudde elke
maand waartydens hy dragtigheidsondersoeke
doen en ook die nie-dragtige koeie behandel.
Die Mooiwei Holsteinkudde het ontstaan uit
die Mooivlei Frieskudde wat reeds in 1936 op
die plaas Mooivlei in die Queenstown distrik
geteel is. Dit beteken dat die huidige kudde
reeds meer as 75 jaar bestaan. Oorspronklik
is Friesbeeste vanaf Nederland ingevoer en
natuurlike bevrugting was in die kudde
toegepas. In die laat jare 60 is met KI
begin en later jare ook baie embrios gespoel
en ingeplant.
DIE MOOIMELK KOEIHOTEL-konsep kom van die
wyn- en vrugte-industrieë met hulle gedeelde
kelders en pakhuise.
SKAAL-VOORDELE lei tot hoër produktiwiteit.
RUVOERPRODUKSIE kom van die 326 ha
besproeiingslande asook voer aankope van
omliggende plase.
Parmalat is ons huidige melk koper.
Met 'n mark vir melk in Gauteng en Port
Elizabeth.
HOËR MELKPRYSE kan beding word as gevolg van
die groter volume melk by een oplaaipunt.
Die Koeihotel focus ook op egalige produksie
deur die jaar.
ORANJERIVIERWATER vanaf die Gariepdam maak
die voervoorsiening baie betroubaar.
Dit verlaag die risiko van droogte drasties. |