|
 |
Bate-aanwins – met
bates wat maklik by aftrede verkoop kan word of ‘n maandelikse
inkomste kan genereer. Een metode waarvolgens die doel bereik kan
word, is dat die Belegger die vee by die Huurder los om te
vermeerder. |
Die konsep om
beeste in iemand anders se sorg te plaas, is reeds
goed gevestig en streef na die volgende doelwitte: |
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
Vir die kudde eienaar (Belegger) hou dit die
volgende voordele in:
-
Voortgesette betrokkenheid in
Melkboerdery
- sonder om diere verder te huisves of self te
bestuur.
-
Inflasiegekoppelde kapitaalgroei
in beeswaardes
– melkbeespryse het oor die jare
heen nog net gestyg.
-
Professionele bestuur van diere
– op dieselfde vlak as die huurder se eie diere.
-
Lae risiko -
diere word in die Mooimelk Koeihotel kudde
opgeneem en wel vir die huurder se risiko. Diie
belegger behou die eienaarskap en getal diere
volgens die kategorie diere oorspronklik in die
projek geplaas.
-
Boedelbou in bates
wat maklik verkoop kan word of vir aftrede ‘n
maandelikse inkomste kan bied.
-
Besparing op inkomste belasting –
hierdie metode van “bates parkeer
in melk diere” verhoed dat die belegger
belasting betaal op die verkoop van vee en
losgoed.
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
| |
Vir die huurder hou dit
die volgende voordele in - |
|
|
|
|
 |
Kontantvloei voordele, met geen kapitale delging
betaalbaar gedurende die huurtermyn nie, slegs
“bruikhuur koste” van die beeste. Die addisionele diere
wat deur die “Mooimelk Koeihotel” gemelk word, verhoog
die winsgewendheid van die projek. |
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
 |
HOE
WERK DIE STELSEL? |
|
|
|
|
 |
-
Die belegger besluit watter bedrag hy of sy in
verse wil belę en in die sorg van die Mooimelk
Koeihotel plaas.
-
Die belegger en die huurder identifiseer ‘n
groep verse wat aan die vereistes van die
Huurder voldoen.
-
Verse met gesonde uiers en jong koeie, is ‘n lae
risiko wat veral mastites betref. Om hierdie
rede word ouer koeie nie aanvaar nie.
-
Dragtige verse is altyd hoog in aanvraag en
verkoop maklik, indien die belegger na afloop
van sy tydperk die belegging wil beeindig.
-
Eienaarskap van die diere bly in die naam van
die Belegger en vorm nie deel van die huurder se
inventaris nie.
-
Alle risiko van siekte of vrektes is die Huurder
se verlies. Alle nageslag van die diere is die
Huurder se beloning.
-
Aan die einde van die beleggings tydperk, kry
die Belegger dieselfde getal diere terug wat hy/sy
oorspronklik belę het. Dit is egter nie
dieselfde individuele diere nie.
-
Aan die begin en aan die einde van die
beleggingstydperk, is dit die Belegger se
verantwoordelikheid om die beleggings diere te
vervoer na en vanaf die Koeihotel.
-
Sou die Belegger verkies om die beeste na afloop
van die huurtermyn te verkoop, dan geniet die
huurder die eerste reg om die kudde teen
markverwante prys op daardie stadium te koop.
Die huurder ontvang dus die beeste wat in sy
sorg gelaat word op die melkery perseel van die
Mooimelk Koeihotel op die Visrivier plaas 15 Km
Noord van Cookhouse in die Oos Kaap.
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
 |
|
|
|
| |
HUURTERMYN |
|
|
|
|
 |
Die huurooreenkoms word vir ‘n 3 jaar termyn gesluit. Na
die eerste 3 jaar word die huurtermyn weer onderhandel.
Albei partye moet 12 maande kennis gee indien enige van
die partye die huurtermyn wil staak. Indien die belegger
die diere wil verkoop, behou die Mooimelk Koeihotel die
reg voor met eerste opsie om die verse te koop, teen
dieselfde geskrewe prys as deur die voornemende koper. |
|
|
|
| |
|
|
|
|
HUUR-
OOREENKOMS
>>> |
|
|
|
| |
|
|
|
| |
|
|
|
| |
|
PROFESSIONELE BESTUUR |
|
|
|
| |
 |
Daar word van die Huurder verwag om goeie
siektebeheer toe te pas, byvoorbeeld TB en CA vry
kudde, inentings teen enige ander siektes wat in die
streek waar die diere aangehou word, voorkom. Dit
word ook verwag dat goeie gesonde
kalfgrootmaakstelsels gevolg sal word om verboepte
kalwers te vermy. Omdat die diere in ‘n volvoer
stelsel op voerkraal gehuisves word, gaan die
kondisie van diere goed wees. Die plaas
“Wynandskraal” plus huurgrond is 440 Ha onder
besproeiing uit die Oranje Visrivier Staats
Waterskema met 12,500 kubieke meter water toekenning
per hektaar. Teen 3,5 koeie per hektaar belading kan
die plaas genoeg ruvoer vir ongeveer 1,540 koeie
produseer. Sou daar meer diere wees, word voer van
omliggende plase ingekoop.
|
|
|
|
| |
|
|
|
| |
|
|
|
| |
|
|
|
|
Monetęre waarde bepaling: |
|
|
|
| |
 |
|
|
|
|
As gevolg van veranderende finansiële parameters,
word die waarde van dragtige verse bepaal soos met
datum van hierdie dokument = April 2008 Indien daar
op ‘n ander datum ander faktore is wat die huurgeld
behoort te verander of die waarde van die dragtige
Holstein verse anders maak, dan sal op daardie
stadium daaroor onderhandel word.
Die inhoud van bogenoemde dokument vorm die basis
van die ooreenkoms tussen die belegger en die
huurder en ‘n wettige Huurooreenkoms sal opgestel
word. Hierdie is nie ‘n regsdokument nie en dien
slegs as verwysingsdokument vir die huur van beeste.
Moet nie huiwer om oor enige onduidelikheid uit te
vra nie – totdat die transaksie met ‘n wedersyds
aanvaarbare ooreenkoms beklink is, bly die voorstel
oop vir bespreking.
Indien verlang, kan verwysings van huidige beleggers
verskaf word.
|
|
|
|
| |
|
|
|
| |
|
|
|
| |
VERGOEDING AAN DIE BELEGGER |
|
|
|
| |
|
|
|
|
Die huurinkomste per
gestandardiseerde Holstein vers met waarde van R10
000, beloop R1 320 per jaar – wat uitwerk op R110 +
BTW per maand. (Vervoer van die diere tot by die
Koeihotel perseel uitgesluit). Die opbrengs word
maandeliks agteruit vir al 12 maande van elke jaar
aan die belegger betaal, of die koei in melk of
droog is. Dit beteken dat die huurbedrag aan die
einde van elke maand bereken word en die
daaropvolgende maand op die 15 de betaal word. Bv.
Die huurbedrag vir die kalendermaand van Junie 2008
word op 15 Julie 2008 betaal.
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
| |
|
|
|
| |
|
|
|
| |
|
|
|
|
Belangrike agtergrond van verse wat die Belegger
verskaf: |
|
|
|
|
In die praktyk is dit nie altyd moontlik om ‘n groep
dragtige verse te koop wat presies binne 2 maande na
aankoms by die Koeihotel, kalf nie. Die Belegger
betaal nie ekstra vir die voer van verse wat binne 2
maande na aankoms, moet kalf nie. Indien die verse
langer as 2 maande vanaf kalf is, sal ‘n regstelling
gemaak moet word om te vergoed vir die langer
verblyf van verse voor kalwing.
Indien die aangekoopte verse meer of minder as R10
000 kos, word aanvaar dat dié prys die gehalte en
kondisie van die verse reflekteer. Goedkoper verse
is gewoonlik van ‘n laer gehalte, swakker kondisie
of verder van kalf af. Die duurder verse is
gewoonlik van ‘n beter gehalte, goeie kondisie en
nader aan kalf. Die aanbevole prys van R10 000 is
die gemiddelde prys van ‘n dragtige Holstein vers
wat kalf van ‘n Holstein bul of semen en wat gelewer
word by die perseel van die Mooimelk Koeihotel.
Vir regstellings doeleindes, sal die aankoopprys van
verse of koeie gedeel word deur R10 000 om by die
getal diere uit te kom wat belę word.
Die maandelikse huur begin wanneer die diere op die
perseel van die Koeihotel gelewer word, of wanneer
die beleggingsbedrag in die huurder se bankrekening
verskyn.
Alle diere moet vir CA en TB getoets word, alvorens
hulle by die Koeihotel aanland
|
|
|
| |
|
|
| |
|
|
| |
|
|
| |
|
|
| |
|
|
|
In die geval waar ‘n
bestaande kudde na die
Koeihotel verskuif word: |
|
| |
|
| |
Indien die voornemende Belegger ‘n reeds bestaande
kudde het wat hy in geheel na die Koeihotel wil
verskuif, geld die volgende:
-
Alle diere moet vooraf vir CA en TB getoets en
vry van die siektes wees.
-
Alle diere moet deur ‘n veearts vir dragtighede
getoets word om elke dier se waarde te bepaal.
-
Die waarde van die kudde volgens huidige
markwaarde, sal deur ‘n waardeerder van die
belegger sowel as deur ‘n waardeerder van die
Koeihotel, bepaal word.
-
Die totale gesamentlike waarde van die kudde
word bymekaar getel. Hierdie geldwaarde word dan
deur die waarde van dragtige Holstein verse
gedeel om die gestandardiseerde getal verse te
kry wat in die getalle register opgeneem word.
Hierdie getal verdien maandeliks huurinkomste
vir die belegger!
-
Markwaardes van dragtige verse soos op April
2008 is as volg: Jerseys = R9 000 / Kruisras =
R8 000 / Holsteins = R10 000.
-
Vervoer van diere na en weg van die Koeihotel is
vir die rekening van die Belegger.
|
| |
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
|