|
Bulkalwers |
|
‘n Melkkudde sal altyd
sit met ongeveer 50%
bulkalwers uit die
nageslag wat gebore
word. Hierdie kalwers is
tans (Oktober 2011) R300 werd
wanneer hulle 1 week oud
is.
-
Die melkboerdery kan
besluit om die
kalwers self groot
te maak – maar ons
by die Koeihotel,
het daarteen besluit
en verkoop die
bulkalwers aan
gereelde kopers wat
dan die Kalwers
grootmaak.
-
Daar is ‘n groot
aanvraag na
bulkalwers want
hulle kan verkoop
word aan mense wat
hulle grootmaak
totdat hulle groot
genoeg is om weer
aan voerkrale te
verkoop
|
|
|
Verse |
|
Wanneer ‘n melkery tot volle
kapasiteit gegroei het, word die
surplus nageslag verkoop. Daarom
is dit belangrik om hoë
kwaliteit diere te teel deur
gebruik te maak van die beste
genetiese materiaal wat jy kan
bekostig. ‘n Behoorlike rekord
van elke koei is ook belangrik.
As al hierdie inligting
beskikbaar is en die verse wat
te koop aangebied word lyk goed,
sal ‘n goeie prys behaal word.
By die KOEIHOTEL verkies ons
egter om liewer streng te klas
en ouer en onproduktiewe koeie
uit te skot.
|
|
|
Seisoen |
|
Tydsberekening in bemarking is
baie belangrik om die beste
pryse te haal. Melk vloei in die
RSA het ‘n duidelike patroon –
elke jaar gedurende herfs en
winter lewer die koeie omtrent
30% minder melk. Tydens lente en
die somer word melkproduksie
weer 30% meer. Dit beteken ‘n
melkboer moet probeer om die
laagste produksiemaande (April,
Mei en Junie) te kies om te
onderhandel vir ‘n melk kontrak
oor die volgende 12 maande.
Beesvleispryse het dieselfde
patroon. Elke jaar teen laat
somer en herfs wil boere al
hulle surplus diere verkoop
voordat die winter kom. Lentetyd
weer wanneer dit begin reën en
die gras begin groen word, hou
hulle die diere terug. Dan
styg vleispryse omdat die mark
ondervoorsien word.
|
|
|
|
|
Bemarking van Melk Produkte |
|
Melk |
|
Elke melkboerdery het ‘n
mededingende voordeel
wat reg bemark moet
word. Die volgende
faktore is belangrik:
-
ligging teenoor die
verwerkings fabriek –
hoe nader hoe beter!
-
ligging teenoor die
mark – hoe nader hoe
beter
-
hoë vaste stowwe in
die melk
-
hoë volume by een
oplaaipunt –
verkieslik genoeg om
‘n verbindings tenkwa
elke dag vol te maak
– minstens 30,000 liter per
dag!
-
hoë kwaliteit melk –
lae bakterie telling,
lae somatiese
sel telling (SST),
hoë bottervet, hoë
proteïen – geen BST-hormone
gebruik nie, geen
antibiotika in die
melk nie
|
|
|
Bemarkings Kanale |
|
In die melkbedryf is
dit belangrik om ‘n
betroubare melk koper te
kies wat jou melk elke
maand sal koop en betaal.
Omdat melk ‘n bederfbare
produk is, kan melkboere
die melk nie langer as
48 uur op die plaas hou
nie. Daarom het Mooimelk
Koeihotel Parmalat
gekies as ons melk koper.
Beesvleis is makliker om
te bemark want jy kan
goed rondkyk vir die
beste opsie terwyl die
beeste nog gewig aansit.
Sodra die beste aanbod
vir die uitskot koeie
beding is, kan ‘n
vragmotor bespreek word
om die diere na ‘n
spesifieke slagpale te
laai.
|
|
|
Ekonomie |
|
Onderhandelinge vir die
beste melkprys, kan
maklik uitloop op ‘n 5%
premie vir die jaar. Op
‘n 15-miljoen liter melk
volume wat die Mooimelk
Koeihotel per jaar
produseer, kan so ‘n
premie meer as R2
miljoen oplewer! Daarom
moet behoorlike
tydsberekening en
navorsing gedoen word
voordat ‘n bepaalde
koper vir die melkery se
produk gekies word!
|
|
|
|
|
|
Kritieke faktore vir
winsgewendheid
-
Ekonomiese
stelsel –
produseer die
maksimum volume met
dieselfde vastekoste
strukture.
-
Groei – die
onderneming se diere
getalle groei met
10% per jaar as die
uitskot minder as
25% is.
-
Produksiedoeltreffendheid
– raak ontslae van
enige
nie-winsgewende dier
of werkswyse.
-
Produk prys –
verkoop vir die
hoogste prys omdat
jy die beste
voordele aan die
melk koper bied.
-
Beheer kostes
– streng maatreëls
is nodig om
dissipline af te
dwing wanneer enige
artikels vir
boerderybedrywighede
aangekoop moet word.
-
Beheer die aantal
werkers – moenie
oorspandeer aan te
veel werkers op die
plaas nie.
-
Voeg waarde by
– moenie met die
produksie van voer
volstaan nie – voer
die koeie daarmee.
Dan kan jy melk en
vleis verkoop – wat
baie meer werd is as
die oorspronklike
voer!
-
Risikobestuur
– met
voorsienings ooreenkomste
vir die plaas se
produkte, word
risiko verminder en
word winsgewendheid
oor die lang termyn
verbeter!
-
Koei getalle
vermeerder as
gevolg van goeie
diere-bestuur en
skep so ‘n
geleentheid vir die
groei van die
onderneming.
|
|
‘Niks
motiveer
SOOS geld
nie’
|
|
Dié metode
om personeel
aan te spoor
tot beter
werksprestasie
werk baie
goed.
Personeel is
ywerig om
die bonusse
te verdien
en op die
manier het
die bestuur
nog nooit in
die afgelope
dertig jaar
enige
ernstige
arbeidsprobleme
gehad nie. |
|
|
|
|
|
Daaglikse roetine van die melkery |
|
Die personeel komponent
op die besproeiingsplaas
van Mooimelk Koeihotel
bestaan uit 11 bestuurders
en 90 werkers. Die geheim van
‘n volhoubare melkery is
om die personeel so te
bestuur dat hulle elke
tweede naweek af is.
Daarom het Mooimelk
Koeihotel twee
melk spanne, twee
voer spanne, twee
bestuurspanne, twee
besproeiing spanne.
|
|
|
|
|
Al die personeel van die
plaas word in twee
spanne verdeel. Elke
span werk 12-dag weke
asof naweke nie bestaan
nie. Na 12 dae kry elke
persoon sy twee-dag
naweek af. Op ‘n melk-en
besproeiingsplaas is die
werk elke dag dieselfde
– koeie moet gevoer
word, landerye moet
besproei word, koeie
moet gemelk word ...
Die enigste manier om te
verseker dat daar altyd
genoeg personeel sal
wees om die werk oor
naweke en openbare
vakansiedae te verrig–
is om die personeel
beter salarisse te
betaal as die omliggende
plase!
Bonusstelsels speel ‘n
groot rol in die
motivering van personeel
om te kom werk wanneer
hulle aan diens is. Die
volgende bonusstelsels
is in werking by
Mooimelk Boerdery plaas
in die Oos-Kaap.
|
Sien die aangehegte
voorskrif vir:
MOOIWEI BOERDERY -
KHOLISA BONUS - RIGLYNE
AAN BESTUURDERS – VIR
2011 |
 |
|
|
|
|
|
|
|
 |
 |
 |
| |
|
|