Bemarking van diere en produkte

Bemarking van melk en beesvleis is die sleutelfaktore in die finansiële resultate van die melkerybedryf.

Produkte – melk

Diere – beesvleis

Elke melkboerdery het ‘n mededingende voordeel wat reg bemark moet word. Die volgende faktore is belangrik:

Enige melkboerdery sal altyd uitskotkoeie hê om as slagvee te verkoop. Soms word koeie beseer en dan moet hulle noodwendig geslag word. Dis ‘n groot voordeel as die gereelde koper van uitskotkoeie ook die noodslag-koeie teen ‘n verminderde prys kan koop.

  1. ligging teenoor die verwerkingsfabriek – hoe nader hoe beter!

  2. ligging teenoor die mark – hoe nader hoe beter

  3. hoë vaste stowwe in die melk

  4. hoë volume by een oplaaipunt – verkieslik genoeg om ‘n verbindingstenkwa elke dag vol te maak – 30,000 liter per dag!

  5. hoë kwaliteit melk – lae bakterietelling, lae somatiese seltelling (SST), hoë bottervet, hoë proteïen – geen BST-hormone gebruik nie, geen antibiotika in die melk nie


 

Diere – bulkalwers

 

‘n Melkkudde sal altyd sit met ongeveer 50% bulkalwers uit die nageslag wat gebore word. Hierdie kalwers is omtrent R200 werd wanneer hulle 2 weke oud is.

  1. Die melkboerdery kan besluit om die kalwers self groot te maak

  2. Daar is ‘n groot aanvraag na bulkalwers want hulle kan verkoop word aan mense wat hulle grootmaak totdat hulle groot genoeg is om weer aan voerkrale te verkoop

  3. Daar is ‘n beperkte mark om op 6 weke oud te verkoop aan slagpale vir kalfsvleis – ‘n lekkerny op die spyskaart van sommige restaurante.

Diere – verse


Wanneer ‘n melkery tot volle kapasiteit gegroei het, word die surplusnageslag verkoop. Daarom is dit belangrik om hoë kwaliteit diere te teel deur gebruik te maak van die beste genetiese materiaal wat jy kan bekostig. ‘n Behoorlike rekord van elke koei is ook belangrik. As al hierdie inligting beskikbaar is en die verse wat te koop aangebied word lyk goed, sal ‘n goeie prys behaal word.

 

 
 
 

Bemarkings-kanale

Seisoen

 

In die melkindustrie is dit belangrik om ‘n betroubare melkkoper te kies wat jou melk elke maand sal koop en betaal. Omdat melk ‘n bederfbare produk is, kan melkboere die melk nie langer as 48 uur op die plaas hou nie. Daarom het Mooimelk Koeihotel Parmalat gekies as ons melkkoper.
 

Beesvleis is makliker om te bemark want jy kan goed rondkyk vir die beste opsie terwyl die beeste nog gewig aansit. Sodra die beste aanbod vir die uitskotkoeie beding is, kan ‘n vragmotor bespreek word om die diere na ‘n spesifieke slagpale te laai.

 

 


Tydsberekening in bemarking is baie belangrik om die beste pryse te haal. Melkvloei in die RSA het ‘n duidelike patroon – elke jaar gedurende herfs en winter lewer die koeie omtrent 30% minder melk. Tydens lente en die somer word melkproduksie weer 30% meer. Dit beteken ‘n melkboer moet probeer om die laagste produksiemaande (April, Mei en Junie) te kies om te onderhandel vir ‘n melkkontrak oor die volgende 12 maande. Beesvleispryse het dieselfde patroon. Elke jaar teen laat somer en herfs wil boere al hulle surplusdiere verkoop voordat die winter kom. Lentetyd weer wanneer dit begin reën en die gras begin groen word hou hulle die diere terug.

 
 
 
 
 
 
 

Ekonomie

 
 


Onderhandelinge vir die beste prys om die plaas se melk teen te verkoop, kan maklik uitloop op ‘n 5% premie vir die jaar. Op ‘n 10-miljoen volume liter Mooimelk Koeihotelmelk, kan so ‘n premie ‘n resultaat van R1,5 miljoen oplewer! Daarom moet behoorlike tydsberekening en navorsing gedoen word voordat ‘n bepaalde koper vir die melkery se produk gekies word!

Kritieke faktore vir winsgewendheid

  1. Ekonomiese stelsel – produseer die maksimum volume met dieselfde vaste strukture.

  2. Groei – die onderneming groei in koeigetalle as die uitskotskaal minder as 25% van die 35% van die nageslag is wat elke jaar by die kudde gevoeg word.

  3. Produksiedoeltreffendheid – raak ontslae van enige nie-winsgewende dier of werkswyse.

  4. Produkprys – verkoop vir die hoogste prys

  5. Beheer kostes – streng maatreëls is nodig om dissipline af te dwing wanneer enige artikels vir boerderybedrywighede aangekoop moet word.

  6. Beheer die aantal werkers – moenie oorspandeer aan te veel werkers op die plaas nie.

  7. Voeg waarde by – moenie met die produksie van voer volstaan nie – voer die koeie daarmee. Dan kan jy melk en vleis verkoop – wat baie meer werd is as die oorspronklike voer!

  8. Risikobestuur – met voorsieningsooreenkomste vir die plaas se produkte, word risiko verminder en word winsgewendheid oor die lang termyn verbeter!
     

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 

 
<< NA BOPUNT  

‘Niks motiveer
SOOS geld nie’

Ondernemingsekonomie


Mooimelk Koeihotel
bly by die meeste van die belangrikste ekonomiese beginsels wat ‘n suksesvolle onderneming uitmaak!

  1. Deur ‘n groot volume melk by een melkery te lewer, ontvang Mooimelk Koeihotel ‘n premie van 30 sent per liter melk – op 10-miljoen liter per jaar kom dit op ’n R3 miljoen-premie te staan!

  2. Waarde word tot die gesaaides op die besproeiingsplaas gevoeg deur die voer vir die melkery se koeie te voer om dan ‘n produk soos melk te verkoop vir menslike gebruik.

  3. Bates vermeerder soos die waarde van die koeikudde aanhou vermeerder om te byhou by die inflasiekoers!

  4. Die waarde van die vaste bate – die landbougrond – vermeerder ook saam met die inflasiekoers.

  5. Koeigetalle vermeerder as gevolg van goeie diere-bestuur en skep so ‘n geleentheid vir die groei van die onderneming.
     


Dié metode om personeel aan te spoor tot beter werksprestasie werk baie goed. Personeel is ywerig om die bonusse te verdien en op die manier het die bestuur nog nooit in die afgelope dertig jaar enige ernstige arbeidsprobleme gehad nie.

 

Daaglikse roetine van die melkery


Die personeelkomponent op die besproeiingsplaas van Mooimelk Koeihotel bestaan uit 6 bestuurders en 44 werkers. Die geheim van ‘n volhoubare melkery is om die personeel so te bestuur dat hulle elke tweede naweek af is. Daarom het Mooimelk Koeihotel twee melkspanne, twee voerspanne, twee bestuurspanne, twee besproeiingspanne.

Daaglikse rooster

04:00

Oggendskof-melkers kom aan diens

Begin melk

07:00

Besproeiingspersoneel begin werk

Verskuif die sproeiers

07:00

Die res van die melkers begin

Kudde gesondheid, voer, KI

11:00

Melkers klaar gemelk

Gaan huis toe vir die res van die dag

12:00

Res van personeel gaan huis toe

Rus oor etenstyd

14:00

Besproeiingspersoneel begin werk 

Voer voorberei, onderhoud

14:00

Nuwe voerspan begin werk

Voer TMR aan koeie

15:00

Middagskof vir melk begin

Koeie word tweede keer gemelk

17:30

Besproeiingsspan hou op werk

Gaan huis toe vir die nag

17:30

Melkery se ondersteuningspan hou op werk

Gaan huis toe vir die nag

20:00

Nagskof se melkspan stop

Gaan huis toe vir die nag

   


Al die personeel van die plaas word in twee spanne verdeel. Elke span werk 12-dag weke asof naweke nie bestaan nie. Na 12 dae kry elke persoon sy twee-dag naweek af. Op ‘n melk-en besproeiingsplaas is die werk elke dag dieselfde – koeie moet gevoer word, landerye moet besproei word, koeie moet gemelk word ...

Die enigste manier om te verseker dat daar altyd genoeg personeel sal wees om die werk oor naweke en openbare vakansiedae te verrig– is om die personeel beter salarisse te betaal as die omliggende plase!

Bonusstelsels speel ‘n groot rol in die motivering van personeel om te kom werk wanneer hulle aan diens is. Die volgende bonusstelsels is in werking by Mooimelk Boerderyplaas in die Oos-Kaap.
 

  1. Bevredigingsbonus – R300 bonus per maand vir alle personeel (ongeveer 10% van hulle salaris) vir bevredigende werk: 100% aanwesigheid, nooit laat nie, geen skade veroorsaak nie. Ongeveer 90% van alle personeel ontvang dié bonus elke maand.

  1. Masjien wasbonus – R300 per maand vir die twee melkers wat ook die melkmasjien na elke melksessie moet skoonmaak.

  2. KI-bonus – R10 per koei wat dragtig is na die veearts se ondersoek.

  3. ‘n Bronstige koei-waarnemerbonus – R2 per koei wat as dragtig gesertifiseer word vir al die koeie van die insemineerder.

  4. Tenk wasbonus – vir die persoon verantwoordelik vir die skoonmaak van die grootmaat-melktenk  = enige tyd van die dag nadat die melkkoper die melk gelaai het.

  5. SST-bonus – R1 000 elk per maand aan die twee melkerybestuurders wat verantwoordelik is vir toesighouding oor die melkproses  Die SST-tellingmoet onder 500,000 per ml wees.

  6. Bakterietelling-bonus – R1 000 aan die twee melkerybestuurders wat die bakterietelling binne die verwagte limiet van 80,000 hou moet hou.

  7. Dertiende tjek – alle personeel kry ‘n persentasie van hulle maandelikse salaris as ‘n dertiende tjek – afhangend van die evaluering van hulle werkprestasie deur die jaar.

<< NA BOPUNT

   

#Copyright Mooimelk Koeihotel