|
DIE BESTUUR pas goeie
siekte kontrole toe, byvoorbeeld
TB- en CA-vrye kudde en
inentings teen enige ander
algemene siektes in die area
waar die diere aangehou word.
GOEIE GESONDE kalf
grootmaak metodes om sterk
kalwers as vervangings diere
groot te maak.
DIE KOEIE word aangehou
in ‘n volvoer kraal stelsel. Die
verse word op 3 maande ouderdom
na weiplase in die Pasterson
omgewing geneem waar hulle
uitgroei en dragtig gemaak word.
DIE PLAAS Wynandskraal is
326 ha onder besproeiing uit die
Oranje-Visrivierstaat skema met
12 500 kubieke meter toegekende
water per hektaar per jaar. Teen
‘n konserwatiewe getal van 3,5
koeie per ha kan die plaas
genoeg ruvoer produseer vir
nagenoeg 1 140 koeie. Vir die
meer diere, word voer van die
naburige plase gekoop.
Die gebruik van KI hou die
Holsteinkudde aan die
verbeter in bouvorm en melk,
bottervet en proteïen opbrengs.
Die verse wat gebore word van
enige kudde wat geneties
meerderwaardige bulle en semen
gebruik, het ‘n groter
produksiepotensiaal as
byvoorbeeld vyf jaar gelede. |