-
Melkproduksie per koei –
in ‘n TMR(Volvoer)-sisteem
kan die produksie per koei
‘n beduidende effek op die
ekonomie van die
melkboerdery hê. Met die wet
van dalende meer opbrengste
in gedagte, moet ‘n mens
voer vir optimale produksie,
nie maksimum produksie nie.
Die geheim is dus om die
regte voer vir die regte
koeie te gee!
-
Volume het die grootste
uitwerking op vaste koste
aangesien meeste van die
infrastruktuur, bestuur en
toerusting reeds daargestel
is. Dit maak dus ekonomiese
sin om soveel koeie as
moontlik by dieselfde
melkery te melk. Deur seker
te maak dat die koeie
gereeld kalf, word die ‘dae
in melk’ (DIM) verkort sodat
koeie meer melk kan
produseer - omdat hulle "vars
in melk is".
-
Koste
van voer – voer wat self
geproduseer word, kos sowat
60% van die prys van
aangekoopte voer ... die
kwaliteit kan ook beter
beheer word. Dis daarom
selfs beter om grond by te
huur en jou eie voer aan te
plant ... om aan te koop kos
40% meer!
-
Konsentraat koste –
kommersiële rantsoene kan
minstens 10%-15% meer per ton
kos, vergeleke met
grootmaat-aankope en die
meng van jou eie rantsoene.
Die enigste belangrike
voorbehoud is dat die
formule van die rantsoen
professioneel gedoen moet
word.
-
Melkpryse per liter – ‘n
10-sent per liter verskil in
die melkprys kan ‘n miljoen
Rand per jaar verskil maak
aan die inkomste van ‘n
melkboer wat 10-miljoen
liter per jaar produseer.
Deur gebruik te maak van die
bedingingsmag van groot
volumes melk van een melkery,
kan ‘n baie beter prys
onderhandel word.
-
Verkope van uitskotkoeie
– die kondisie van
uitskotkoeie het ‘n groot
invloed op die verkoopprys
en dus die inkomste van die
koeie. Die
volvoerstelsel verseker dat
die kudde in baie goeie
kondisie is…!