|
Benodighede vir Perdesport
|
 |
|
| |
|
Die regte keuse van
toerusting kan lei tot groot plesier of dit
kan lei tot ‘n gesukkel wat skade en
frustrasie veroorsaak. Om die regte
toerusting van die begin af te koop sal ook
tot besparings lei omdat mens nie twee keer
hoef te koop nie.
Deelname aan die uithouritsport is nie
goedkoop nie, maar hoe meet mens die
voordeel van ‘n gesonde familiesport? Wat is
die waarde van gesonde tydsverdryf wat die
jeug weghou van die heeldag se sit TV kyk?
Is enige prys te duur as mens jou familie
met die aktiwiteit bymekaar kan hou? Die
sport lei enersyds tot fisiese gesondheid en
andersyds tot geestelike balans by almal wat
betrokke is, wat is die waarde daarvan? “Dan
sê jy nog die sport is duur meneer?” |
|
 |
| |
|
|
Toerusting benodig |
|
Vir die perd is daar die
volgende: |
|
1. Saal |
Noodsaaklik
|
|
2. Saalkleed
|
Noodsaaklik
|
|
3. Toom
|
Verkieslik |
|
4. Borsplaat
|
Opsioneel
|
|
5. Halter
|
Opsioneel
|
|
6. Stertkous
|
Opsioneel
|
|
7.
Beenbeskermers
|
Opsioneel
|
|
8.
Sweetkombers
|
Opsioneel
|
|
9. Warmkombers
|
Opsioneel
|
|
10. Hoefysters
|
Vereiste
|
|

 |
|
Vir die ruiter is daar die
volgende: |
|
1. Harde hoed
vir kop beskerming
|
Verpligtend |
|
2. Kamaste vir
enkel en onderbeen
beskerming |
Verkieslik
|
|
3. Rybroek |
Aanbeveling
|
|
4. Donkerbril
of ander skerm vir
oë se beskerming |
Aanbeveling
|
|
5. Rugsak |
Handig |
|

 |
|
By ruspunte word die
volgende benodig: |
|
1. Water emmer
vir die perd |
Noodsaaklik
|
|
2. Stetoskoop
of hart monitor |
Handig |
|
3. Rakkie
waarop die saal
geplaas word |
Handig |
|
4. Tafeltjie
vir goed neersit en
stoele vir die Groom
|
Gerieflik |
|
5. Water om
perd mee af te koel |
Noodsaaklik
|
|
6. Koelhouer
met water en
verversings vir die
ruiter |
Aanbeveling
|
|

 |
|
By die huis waar die perd
aangehou word: |
|
1. Kampie waar
perd loop en gevoer
word |
Noodsaaklik
|
|
2. Perdestal |
Opsioneel
|
|
3. Oefenring |
Aanbeveling
|
|
4.
Watervoorsiening
|
Noodsaaklik
|
|
5. Oefen
roetes |
Aanbeveling
|
|
6. Watter
Horsebox om te kies |
Opsioneel
|
|
7. Tente of
blyplek by ritte
|
Opsioneel
|
|
8.
Sleepvoertuig |
Noodsaaklik
|
|

 |
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
Vir die
perd: |
|
1.
Saal – Noodsaaklik |
-
Die keuse van die regte
uithouritsaal is uiters
belangrik om veral die perd
teen beserings te beskerm.
-
Meet die hoek van die perd
se rug met ‘n stuk draad 300
mm lank wat jy soos ‘n
klerehanger buig. Buig die
stukkie draad om net agter
die perd se skof die rug se
kurwe te pas – meeste perde
se hoek is ongeveer 90
grade. Neem hierdie afmeting
saam as jy ‘n saal vir die
perd gaan uitsoek. Mens kan
ook ‘n aftrek van die draad
op ‘n stuk papier maak en
dit na die saalmaker Fax.
Dit is beter om ‘n pasmaak
saal deur ‘n proffesionele
saalmaker te laat bou as om
een van die rak te koop.
-
Die prysverskil tussen ‘n
pasgemaakte uithouritsaal en
‘n saal wat van die rak af
gekoop word, is minder as ‘n
duisend rand. Meeste
beginner ruiters koop
oorhaastig ‘n saal met groot
nadele van die plaaslike
perdewinkel net om binne
twee jaar te besef dat hulle
die regte uithourit saal
benodig. Dan sit jy met twee
saals en daar is nie ‘n
goeie mark vir gebruikte
saals nie.
-
Suid Afrika het van die
beste uithouritsaal bouers
in die Wêreld – die Leon
Liversage reeks saals word
na die res van die Wêreld
uitgevoer! Kontak hulle in
Belfast, Mpumalanga by die
volgende tel nommer = 013
– 2530797 of by 082 –
7460334. Hul web adres
is
www.trailrider@co.za
|
|
|
2.
SAALKLEED – Noodsaaklik |
-
Is belangriker as wat meeste
mense besef, dit is die
direkte kontak tussen die
saal en die perd se rug.
-
Kies materiaal wat as
kussing kan dien om die saal
se gewig egalig oor die perd
se rug te help verspei. –
sonder knoppies of harde
plekke wat skaafplekke op
die perd se rug kan
veroorsaak. Ervare
perdemense maak hul eie
saalkleedjies van skaapvel
en digte spons. Pauline du
Plessis van Saruk Arabians
in die Suidkaap maak en
bemark sulke saalkeedjies.
-
Baie mense gebruik ‘n sagte
wolkombers wat in twee gesny
is en dan dubbel gevou word,
so het jy twee saalkleedjies
uit een kombers. Die kombers
kan dan na ‘n paar keer se
gebruik in die wasmasjien
gewas word.
-
Daar is ook verskeie duur
opsies in die perdewinkels.
Die seil tipe materiaal het
die nadeel dat dit maklik op
die perd se rug gly as die
perd teen ‘n styl opdraende
uitklim. Dit absorbeer ook
nie die sweet nie.
-
Die nagemaakte woltipe
saalkleed wat in die vorm
van die saal gesny is, het
weer die nadeel dat dit
onder die saal uitskuif.
Maak seker dat dit met
gespes aan die saal
vasgemaak word.
|
|
|
3.
TOOM – Noodsaaklik |
-
Die regte toom vir die perd
is uiters belangrik. Onthou
dat die toom eintlik die
perd se stuurmeganisme en
die rempedaal is. Egte leer
lyk mooi maar is nie
waterbestand nie. Meeste
Nylon tooms kan ook as
halter gebruik word, en
hierdie tooms is gewoonlik
sterker as leer tooms.
-
Die ideaal is om die perd
sonder ‘n Stang of Trens
deur die bek te ry. Enige
obstruksie in die bek beperk
die asemhaling van die perd.
Daar is oor jare juis vir al
hierdie behoeftes
voorsiening gemaak. Dit is
egter nie enige perd wat
sonder ‘n stang deur die bek
gery kan word nie…
-
Meeste ruiters ry hul perde
met ‘n Trens – die gebroke
metaal stuk wat deur die bek
gesit word. Dit is sagter op
die perd as die vaste Stang.
Daar is ruiters wat hul
perde goed genoeg ken om
sonder ‘n Stang of Trens in
die bek ry. Hulle noem dit
‘n Bosal halter en dit laat
vry asemhaling toe. Die
Hackemore toom gebruik ook
‘n ander meganisme van
hefboom aksie om die perd in
te hou of te stop.
-
Die vaste Stang is die
uitkoms vir die bedorwe perd
wat nie brieke het nie.
Meeste perde liefhebbers hou
nie daarvan nie, maar dit is
soms die enigste opsie om
volle beheer oor die perd te
hê. Hingste word ook beter
beheer as hulle met ‘n Stang
gery word.
-
Kies altyd ‘n toom waar dit
moontlik is om die mondstuk
af te haal sonder om die
toom van die perd se kop af
te haal. Dit vergemaklik
waterdrink op die roete en
ook tydens ruspunte hoef
mens dan nie die toom elke
keer af te haal nie, jy haal
slegs die mondstuk met
leisels af. Sit dan net die
leiband aan en siedaar, die
halter is onnodig.
|
|
|
4.
BORSPLAAT – opsioneel |
-
Daar is ervare ruiters wat
glo dat jy nie sonder ‘n
borsplaat behoort te ry nie.
Dit is ‘n leer band wat
tussen die voorbene aan ‘n
bors “Buikgord” horisontaal
vaskom en dan aan die
voorkant weerskante van die
saal vasgemaak word.
-
Die groot voordeel is dat
die saal beter in plek gehou
word, veral teen styl
opdraendes. Die saal hoef
dan ook nie so styf
vasgetrek te word nie – met
die voordeel dat die perd
beter kan asemhaal.
|
|
|
5.
HALTER – opsioneel |
-
I Die halter word gebruik om
die perd te hanteer sonder
om sy bek te beseer. Halters
wat aan die perd gelos word
sodat die perd maklik gevang
kan word, moet weerbestand
wees. Weereens in Nylon
materiaal goedkoper en beter.
-
Daar is verskillende
groottes halters by die
perdewinkels te koop. Die
Arabierperd gebruik die
medium grootte. Baie mense
maak hul eie halters met dik
12 mm Nylon tou, dit is
goedkoop en sterk!
|
|
|
6.
STERTKOUS – opsioneel |
-
Wanneer perde in die
Horsebox gelaai word is
hulle geneig om agteruit te
beur terwyl die voertuig ry.
As mens nie ‘n stertkous om
die dik deel van die stert
draai nie, skaaf die stert
tot dit bloei. Die hare
skaaf af en herstel oor ‘n
lang tyd. Mens kan die
rekbare rubber band by
perdewinkels koop. Dit het
‘n strook Velcro wat vasheg
om die stertkous styfgetrek
om die stert te hou.
-
Sommige mense verbind ook
die stert soos die voorbene
om dit teen skaaf te beskerm.
Maak net seker dat die
verband nie loskom nie.
-
Die beste metode van
voorkoming is om die
agterste hek in die Horsebox
so te ontwerp dat die perd
nie skuur nie. ‘n Baie
suksesvolle metode is om ‘n
ketting te gebruik om te
keer dat die perd agteruit
beur.
|
|
|
7.
BEENBESKERMING – opsioneel |
-
Wanneer perde vervoer word
is daar altyd ‘n risiko dat
die skeen gedeeltes van die
bene beseer raak. Om die
bene te beskerm is dus
noodsaaklik en redelik
maklik om te doen.
-
Meeste mense gebruik rekbare
verband materiaal met ‘n
strook watte wat liggies om
die been verbind word. Daar
is ook gekoopte seil tipe
been beskermers wat met
Velcro vasheg om weer maklik
afgehaal word.
|
|
|
8.
SWEETKOMBERS – opsioneel |
-
Voordat perde die eerste
been begin behoort hulle
goed op te warm vir die rit.
Veral in die koue weer help
dit as mens ‘n perdekombers
oortrek om die perd warm te
hou terwyl jy met hom stap.
-
Maak seker dat die kombers
gespes het wat die kombers
in plek hou anders val dit
af terwyl jy stap. Meeste
mense koop ‘n perdekombers
maar daar is ook mense wat
dit maak. Meet die afstand
van die maanhaar by die skof
tot by die perd se stert
voordat jy gaan koop, anders
pas die kombers dalk nie.
|
|
|
9.
PERDEKOMBERS – opsioneel |
-
Wanneer perde in die
Horsebox gelaai word is
hulle geneig om agteruit te
beur terwyl die voertuig ry.
As mens nie ‘n stertkous om
die dik deel van die stert
draai nie, skaaf die stert
tot dit bloei. Die hare
skaaf af en herstel oor ‘n
lang tyd. Mens kan die
rekbare rubber band by
perdewinkels koop. Dit het
‘n strook Velcro wat vasheg
om die stertkous styfgetrek
om die stert te hou.
-
Sommige mense verbind ook
die stert soos die voorbene
om dit teen skaaf te beskerm.
Maak net seker dat die
verband nie loskom nie.
-
Die beste metode van
voorkoming is om die
agterste hek in die Horsebox
so te ontwerp dat die perd
nie skuur nie. ‘n Baie
suksesvolle metode is om ‘n
ketting te gebruik om te
keer dat die perd agteruit
beur.
|
|
|
10.
HOEFYSTERS – noodsaaklik |
-
Vir ritte langer as 30 Km is
dit verpligtend dat perde
met hoefysters beslaan moet
wees as jy gaan ry.
Beslaning is ‘n
proffesionele taak en moet
deur ‘n bekwame persoon
gedoen word.
-
Teken die perd se hoef op ‘n
stuk papier af as jy gaan om
hoefysters te gaan koop. So
kan jy die regte grootte
yster vir jou perd kry. Die
beste spykers moet gekoop
word omdat uithourit perde
se hoefysters aan baie
spanning blootgestel word.
-
Die hoefsmit sal ook weet
hoe om “Pads” aan te sit wat
help om kneusings te voorkom.
Hoefysters moet nie langer
as 2 maande aan die perd
gelos word nie. Daar is
kenners wat glo mens moet
die perd soveel moontlik
sonder hoefysters laat loop,
dit is goed vir
bloedsirkulasie!

|
|
|
Vir die
Ruiter is daar die volgende: |
|
1.
HARDEHOED VIR KOP VAN RUITER - verpligtend |
-
Die dra van ‘n hardehoed is
verpligtend, selfs wanneer
mens oefen behoort mens
altyd ‘n hoof beskerming te
dra.
-
Meeste mense koop somaar ‘n
fietsry helmet by
sportwinkels. Weereens is
dit waarskynlik beter en
koop eenmalig die regte
perdry hoed wat ontwerp is
vir die doel. Dit is
belangrik dat die hardehoed
reg pas, dit moet nie op jou
kop rondskud as jy ry nie.
|
|
|
2.
KAMASTE VIR DIE ONDERBEEN – noodsaaklik |
-
Weereens is dit belangrik om
die eerste keer die regte
soort te koop. Sommige
soorte maak met Velcro vas
en werk goed. Maak seker dat
die regte nommer gekoop
word. Pas die kamaste met
jou ryskoene en rybroek aan.
Maak seker dat dit nie in
die binnekant van die knie
buiging vasdruk as jy jou
knie buig nie.
-
Die beste soort is duur. Dit
is van egte leer met ‘n
plastiese Zip. Druk deur en
koop liewer die duurder
goeie soort, jy sal later al
vergeet het van die prys
maar steeds die plesier
geniet van maklik aansit en
afhaal.
|
|
|
3.
RYBROEK – noodsaaklik |
-
Om 80 Km met ‘n perd te ry
is nie grappies nie. Om jou
eie bene te beskerm help dit
om ‘n nousluitende rekbare
broek vir perdry te koop.
Daar is mense wat met ‘n los
sweetpak broek ook ry,
sonder om te skuur.
-
Sommige ruiters trek onder
die rybroek ook nog ‘n paar
sykouse en ‘n lang
onderbroek aan. Dit help ook
baie om ‘n fietsry broek
onder die rybroek aan te
trek.
|
|
|
4.
DONKERBRIL – opsioneel |
|
|
|
5.
RUGSAK – opsioneel |
|
|
|
By
ruspunte vir die Groom |
|
1.
WATEREMMER – noodsaaklik |
|
|
|
2.
STETTOSKOOP – opsioneel |
|
|
|
3.
BOKKIE VIR DIE SAAL – opsioneel |
|
|
|
4.
TAFEL EN STOELE – opsioneel |
|
|
|
5.
WATER VIR AFKOELING VAN DIE PERD –
noodsaaklik |
-
Daar is nogal ‘n verskil van
opinie of perde met water
afgekoel moet word of nie.
Vir die wat wel daarin glo
doen dit gewoonlik as volg.
-
Meeste kenners glo egter dat
mens op ‘n warm dag water
moet gebruik om die perd af
te koel sodat sy pols kan
afkom. Sommige Grooms
gebruik ‘n drom water met ‘n
klein Bulge pompie soos
hulle op hengelbote gebruik
om die perd af te spuit.
Ander gebruik weer groot
sponse om met water oor die
nek en binnedye van die
agterbene af te koel.
-
Die waarskuwing is dat mens
nie die dik boudspiere met
koue water moet benat nie.
Dit is ook belangrik om
nadat die perd se lyf
natgemaak is weer die water
af te skraap. Dit help ook
om die hare teenoorgestelde
kant toe te vee sodat
verdamping afkoeling kan
veroorsaak. Hiervoor gebruik
sommige Grooms ook waaiers
om die perd koel te waai.
|
|
|
6.
KOELHOUER MET VERVERSINGS- opsioneel |
|
|
|
Vir die
Perd by die huis: |
|
1.
KAMPIE VIR DIE PERD – noodsaaklik |
-
Dit is beter dat die
uithourit perd in ‘n losloop
kamp gehuisves word as in ‘n
stal. Solank die kampie
groot genoeg is – minstens
sowat 30 meter wyd en 50 tot
100 meter lank. Groter
kampies is selfs beter omdat
die perde graag hardloop en
pronk. As die kamp veel
groter is raak dit soms ‘n
probleem om die perde te
vang as hulle baldadig raak.
-
Die keuse van die omheinings
materiaal vir die kamp is
uiters belangrik. Swak
omheinings veroorsaak dat
Perde onnodig beseer raak
wanneer hulle hoewe iewers
in ‘n draad vashaak. Pasop
vir Bonnoks heining en selfs
groot sifdraad waar die perd
se hoef met sy hoefyster
vashaak en die hoef op die
haarlyn of in die kootgewrig
sny. Dit neem maande vir so
‘n besering om te herstel,
soms herstel dit nie weer
sodat jy uithouritte met die
perd kan ry nie. Die beste
materiaal om te gebruik is
‘n pale heining of enige
ander materiaal wat nie die
perde kan beseer nie.
-
Die kampie moet nie gesien
word as bron van voeding vir
die perd nie, tog is dit
voordelig as die perd kan
knibbel om sy tande te help
afslyt. Kikoejoe kampies het
ongelukkig meer nadele as
voordele. Die
weidingsgehalte is swak en
die oppervlakte is te sag
vir die hoewe. Sou mens die
luuksheid van wisselweiding
met kampies kon doen, het
dit groot voordele. Dit is
goed om die kampie waar die
perde uitkom met ‘n
bossiekapper of Mulcher plat
te sny om al die perdemis en
rankerige gras of onkruid
weg te slaan. Laat die son
dit skoonbrand om ‘n opbou
van siektes te voorkom.
|
|
|
2.
OEFENRING VIR DIE PERDE – opsioneel |
-
Om perde fiks te maak verg
verskillende metodes van
oefening. Die oefenring se
groot voordeel is dat die
perd kan hardloop sonder dat
die bene die gewig van die
ruiter dra. Mens kan ook die
perd laat oefen sonder dat
die ruiter self by die huis
hoef te wees. In baie
ruiters se geval is tyd
beperk maar die perd moet
tog fiks bly, dan kan die
groom die perd in die ring
laat harloop om voor te
berei vir die rit.
-
Daar sal uiteenlopende
voorskrifte vir die bou van
oefenringe wees. Meeste
ringe word met houtpale
gebou wat tot op ooghoogte
van die perd is. Die
deursnit of radius van die
ring is belangrik. Die
voorskrif wat goed werk is
‘n radius van 11 meter, dus
22 meter deursnee. Dit
veroorsaak dat die perd nie
te kort draai nie maar tog
sy rug en lyf moet buig om
al die spiere te oefen. Maak
net seker dat die hek goed
kan toemaak omdat skelm
perde gou agterkom waar om
uit te breek.
-
‘n Goedkoop en praktiese
ring kan ook van ou
motorbande gebou word. Pak
die bande soos ‘n ketting in
die vorm van ‘n vaste muur,
met die bande plat op mekaar
gestapel. Kap ‘n ysterpaal
tussen twee bande in wat
oorvleuel, een bo op die
ander, die res van die bande
word dan bo oor die
ysterpaal ingepak en so
opgebou tot gelyk met die
ysterpaal. Skakel met Bob
Seegers in Graaff Reinette
vir verdere voorskrifte oor
hierdie en baie ander wenke,
sy kontaknommer is = 084 –
8880662 of Laura by 083 –
6746401
-
Die oefentyd in die ring is
belangrik, asook om die
perde elke 5 minute van
rigting te laat verander.
Sommige voorskrifte is om
die perd te laat oefen
totdat hy begin sweet, en
dan op te hou. Ander mense
stel weer voor dat jy
minstens 20 minute ringwerk
op ‘n slag doen. Kenners
verkies om die perd nie
langer as 45 minute in die
ring te laat Gym nie. Sodra
perde die ring begin
verstaan en geniet kan jy sy
gang met jou stemtoon en
sweep beheer. Die sweep word
nooit gebruik om die perd
mee te slaan nie, dit is ‘n
afrigtings tool wat geklap
kan word om sekere gedrag af
te dwing. Dinge soos draf of
gallop om van rigting te
verander om die perd te
dwing om sy bene te wissel.
Volledige voorskrifte vir ‘n
oefenprogram sal in ‘n ander
module bespreek word.
|
|
|
3.
WATERVOORSIENING - noodsaaklik |
|
|
|
4.
OEFENROETES - handig |
-
Beplan jou oefenroetes om
verskillende tipe terrein in
te sluit. Sou daar ‘n
moontlikheid van ‘n styl
opdraende wees waar die
perde se hartklop binne ‘n
kort tyd opgejaag kan word
is dit waardevol. Iewers in
die oefenprogram moet ook
sanderige oppervlakte wees,
‘n rivierbedding of vir die
gelukkiges ‘n sandstrand
langs die see. Die
voorskrifte vir ‘n
oefenprogram sal in ‘n ander
module bespreek word.
Oefenroetes van 8 tot 40 km
is idiaal, in die week doen
mens dan die korter roete en
op ‘n naweek ry jy die
langer roete.
|
|
|
5.
VERVOER VAN PERDE - noodsaaklik |
-
Die duur deel van die sport
is om jouself en jou perd
tot by ritte te vervoer.
Verskeie metodes word
gebruik, dit is interresant
om te sien hoe vindingryk
mense is om die sport meer
bekostigbaar te maak. Die
mees algemene metode om
perde te vervoer is met die
Horsebox. Daar is enkelperd,
tweeperd, drieperd en selfs
vierperd gesleepte Boxe wat
gekoop of gebou kan word.
Soms laai mense perde op
bakkies met ‘n raamwerk en
windskerm oor die kappie.
Ander gebruik weer ‘n groot
vragmotor wat ‘n klomp perde
kan laai en dan ook as
blyplek gebruik kan word.
-
Die CRISBOX reeks Horsebox
bied veilige roesvrye hoë
kwaliteit waens wat
perdvriendelik gebou en
ontwerp is. Die vloer is nie
glibberig nie en perde
beseer nie maklik nie. Die
binnekant is so ingerig dat
mens maklik daarin kan slaap
ook. Sou mens nuut koop is
die aanbeveling dat jy
defnitief hierdie handelmerk
sal oorwweg.
-
Sou
jy ‘n goeie gebruikte
Horsebox te koop kan kry, is
dit belangrik om na die
volgende aspekte op te let.
-
Stel vas wat die Box weeg,
as dit meer as 1,000 kg leeg
weeg vir ‘n tweeperd wa mag
dit baie sterk wees, maar
dit gaan moeilik sleep en
jou brandstof rekening
opstoot.
-
Laat kyk na die toestand van
die wheel bearings omdat dit
‘n aanduiding kan wees van
hoeveel werk die Box gedoen
het. Groter wiele en bande
is ook ‘n voordeel alhoewel
die wa bietjie hoër van die
grond af loop.
-
Let op na die wind weerstand,
met ander woorde stel vas
hoe moeilik die wa gaan
sleep, toets dit indien
moontlik. Dit is baie keer
die rede waarom mense ‘n
Hosebox wil verkoop, omdat
dit moeilik sleep en
brandstofverbruik van die
sleepvoertuig opstoot.
-
Let op na roes, ook onder
die vloer waar mens nie
maklik kan sien nie.
Goedkoop koop kan duur koop
word as jy binne 3 jaar in
elkgeval ‘n nuwe Horsebox
moet koop.
|
|
|
6.
BLYPLEK BY RITTE – ter inligting |
-
Die blyplek by ritte kan
bydra tot die uitstappie se
avontuur of plesier of dit
kan die familie afskrik om
nooit weer saam te gaan na
‘n rit nie.
-
Tent opslaan en kampeer is
vir baie mense wat goed
ingerig is heel oraait.
Sodra die wind egter opkom
of dit swaar reën het dit
ander implikasies. Dit is
egter goedkoop en waar dit
net 2 of drie persone
betrokke is, blt dit ‘n
goeie opsie.
-
Agter op ‘n bakkie met
kappie op, val amper in die
vorige kategorie alhoewel
dit werklik net slaapplek op
‘n matras is. Weereens vir
net twee mense wat vir een
of twee aande iewers wil
slaap.
-
Horsebox wat uitgewas is
nadat die perde afgelaai is
bied meer ruimte as die
bakkie, veral as dit
ingeboude beddens in het.
Hierdie opsie is ook
goedkoop omdat die Horsebox
meesal gratis mag staan,
uitgesluit by Fauresmith
natuurlik waar mens ‘n
kampeerplek moet bespreek.
-
Karavaan op die perseel is
luukser maar met vele
voordele. Meesal is die
probleem hoe om die perde en
die karavaan gelyk daar te
kry. Wat sommige mense doen
is om met plaaslike mense op
die dorp waar die rit
aangebied word, te reel vir
die huur van ‘n karavaan wat
dan by aankoms reeds
opgeslaan is. Die karavaan
eienaar gaan breek dan self
af en verwyder die karavaan
terwyl julle die perde laai,
lekker nè.
-
Bungalo of gastehuis naby
die perde se blyplek maak
die naweek meer soos ‘n kort
vakansie vir die helpers en
familie wat saamgaan. Dit is
die duurste blyplek naas ‘n
luukse Hotel maar nou kan
mammie en die Groom rustig
wees omdat die gastehuis ook
etes voorsit. Om die koste
vir die naweek te verlaag
kan die kinders moontlik by
die perde in die bakkie of
die Horsebox slaap en die
ouers in die gastehuis!
|
|
|
7.
SLEEPVOERTUIG – noodsaaklik |
-
Die uithouritsport se
duurste uitgawe is
waarskynlik die reiskoste na
en van ritte. In Suid Afrika
is afstande ook lank en mens
spandeer baie tyd in die
voertuig, neem dus in ag
hoeveel mense na ritte
saamry alvorens jy oor ‘n
sleepvoertuig besluit.
-
Om ‘n tweeperd Horsebox te
sleep kan selfs ‘n Toyota
2,4 Diesel ook gebruik word,
jy moet net stadiger ry, wat
nie noodwendig ‘n fout is
nie. Die dubbelkajuit
voertuie is natuurlik baie
gewild omdat die hele
familie dan binne kan ry
terwyl daar pakplek vir al
die toerusting in die kappie
is, hulle het ook gewoonlik
kragtiger enjins.
-
Kies liewers ‘n
Dieselvoertuig as
sleepvoertuig omdat hulle
nie warm word as die vrag
swaar trek nie.
Dieselvoertuie se
brandstofverbruik is oor die
algemeen beter en die diesel
kos ook nog bietjie
goedkoper. Die grootste
voordeel is natuurlik die
groter Torque van die
Diesekvoertuig teenoor
petrol aangedrewe enjins,
wat beteken die voertuig hou
sy spoed beter teen
opraendes.
-
4 x 4 Voertuig is nie ‘n
vereiste nie, tog is dit
handig om by sommige ritte
wel die opsie te hê. Dit
gaan eerder om die lae
ratverhouding om baie stadig
teen ‘n steilte uit te ry of
om agteruit te stoot.
|
|
|
AFSLUITING |
|
Hierdie aanbevelings is baie
eenvoudig geskryf omdat mens nie
‘n boek oor elke onderwerp wil
skryf nie. Dit dien dus slegs as
riglyn en mens kan gerus by
ritte meer uitvra om ‘n wyer
bron van kennis tussen ervare
ruiters te versamel. Ons hoop
egter dat dit van waarde kan
wees vir mense wat tot die sport
toetree en onseker is oor wat
hulle benodig. Onthou die
uithouritsport se leuse is -
“Lekker ry!! |
|
|
|
 |
|
|
|
Home
|
Background |
Management |
Investment |
Risk &
Security |
Share
Milkers |
Publications |
Contact
us |
Breeding
Programme |
Genetic
Improvement |
Feeding
Programme |
Economics |
Disease
Prevention Programme |
Marketing of Animals & Products |
Endurance Horse Sport
|