|
 |
 |
Die huidige teelprogram by Mooimelk Koeihotel is
gebaseer op die gebruik van toetssemen van Taurus se
jong vaar-toetsprogramme in Irene. Toetssemen word
gebruik omdat die prys per enkel buisie semen
heelwat goedkoper isvergeleke met bewese vaarssemen.
Die genetiese meriete van ‘n bultoets is hoog
aangesien hierdie bulle die jongste genetika ter
wêreld verteenwoordig.
Groepsgewys sal die getoetste bul se nageslag altyd
beter presteer as die van die natuurlike bul, omdat
bekostigbare natuurlike bulle geteel sal wees van
die top 5% tot 15% beste koeie. Die tariewe vir
toetsbulle (R30,000 elk) wat tot die Taures jong
vaar-toetsprogramme toetree, is so te sê dubbel die
prys van bulle wat aan kommersiële melkboere teen
R15 000 per bul verkoop word. Daarom word toetsbulle
gekies van die top 5% koeie gebaseer op
prestasietoetse.
|
|