|
Ons lê in die waai van die
Visrivier naby Cookhouse in die
Oos Kaap. Gerdie, Lorenda en
seun Chris Landman, is die
eienaars en bestuur self die
Koeihotel. Hier word hul eie
beeste, asook dié van die
deelmelkers, versorg.
Met behulp van 11 bestuurders
en 90 werkers is dié toegewyde
span verantwoordelik vir die
verskillende afdelings en take
wat verrig moet word.
Die plaas het 326 ha besproeiingslande waar voer vir
sowat 4000 Holstein
beeste geproduseer word. Lusern,
mielies en hawer word op ‘n
roterende basis in die vrugbare
grond van die Visrivier verbou.
Die benutting van voer in die
groen stadium, maak dit moontlik
om drie gewasse per jaar op
dieselfde grond te verbou.
Die MOOIMELK KOEIHOTEL produseer
sowat 15 miljoen liter melk per
jaar. Bereken op die per
capita verbruik van melk in die
RSA, bevredig ons sowat 300 000
mense se jaarlikse suiwel
behoeftes. |