-
Die belegger bly die eienaar van
die ooreengekome getal diere wat oorspronklik belę is, die
diere self staan dus as sekuriteit vir die belegging.
-
Sou die belegger aan die einde
van die termyn die verse wil verkoop, staan dit hom vry om
dit teen die beste markprys te verkoop – die huurder geniet
egter die “eerste reg van weiering” op die beste skriftelike
aanbod vir die diere op daardie stadium.
-
Enige vrektes of siektes is vir
die huurder se rekening – hy moet steeds die diere volgens
ooreenkoms aan die belegger teruggee.
-
Die kalwers wat uit die belegger
se diere gebore word, is die eiendom van die huurder omdat
hy uit die aanwas die nodige vervanging van prulle en
vrektes moet doen.
-
Die waarde van die verse wat met
inflasie groei, verseker dat die belegger teen die nadele
van inflasie in teenstelling met ‘n bank belegging verskans
word.
-
Die belegger se diere vorm nie
deel van die huurder se inventaris nie.
-
By insolvensie of enige vonnis
wat teen die huurder geneem sou word, maak dit die belegger
geregtig om onmiddelik sy belegging in geld waarde te eis.
-
Daar word ‘n wettige huurkontrak
vir die verhuring van beeste opgetrek. Die kontrak is
bindend en bevestig die eienaarskap van die diere.
-
ndien die Mooimelk Koeihotel
projek vir einge rede gestaak word, sal die belegger se
verse teen markverwante pryse op daardie stadium aan hom
uitbtaal word.