|
Lys van spesifieke probleme
A
Mastitis
Moontlike bydraende oorsake
is:
B
Gal siek
Word deur bosluise veroorsaak.
-
beheermaatreëls sluit
gereelde dip in
-
verander
die aktiewe bestanddeel van
die dip elke 6 maande
-
skraap
die oppervlak van die kampe
waar die koeie slaap gereeld
sodat die
voortplantingsiklus van die
bosluise verbreek word
C
Melkkoors
Word veroorsaak deur ‘n
wanbalans in die voer rantsoen
van die koeie
-
moenie
die koeie ‘n maand voor
kalwing voer met enige voer
wat ryk is aan kalsium soos
lusernhooi nie
-
moenie
die uier te gou na kalwing
leegmelk nie – melk net
klein hoeveelhede (ongeveer
5 liter) op ‘n slag vir die
eerste 2 dae na kalwing
-
indien ‘n
koei tekens van melkkoors
toon, moet die pasgebore
kalf van sy ma weggeneem
word
D
Diarree in kalwers
Word veroorsaak deur bakterieë
-
Ent
dragtige koeie en klein
kalfies teen buikloop
-
maak
seker die pasgebore kalfie
binne 4 ure na geboorte 2
liter biesmelk inkry – dit
bevat teenliggaampies wat
buikloop sal beveg
-
moenie
die kalf te veel melk gee
nie – maksimum 2 liter op ‘n
keer 2 maal ‘n dag
-
Verskuif
gereeld die plek waar die
klein kalfies gevoer word.
E
Vrotpootjie
Word veroorsaak deur bakterieë
-
Laat al
die koeie 2 maal per week
deur ‘n voetbad loop
-
verander
die chemikalieë beurtelings
met kopersulfaat en
sinksulfaat
-
knip die
hoewe van die koeie
-
Behandel
koeie wat wel vrotpootjie
opgedoen het.
F ‘n
Harige moesie aan die hakskeen
van koeie
Word veroorsaak deur bakterieë
-
aanhoudende gebruik van die
voetbad met ‘n vars mengsel
chemikalieë 2 maal per week
-
behandel
die moesie met ‘n oplossing
van oxytetracyline-poeier
tot ‘n pasta gemeng, op die
voet, met verband vasgemaak
vir minstens 3 dae.
G
Aborsies
Kan veroorsaak word deur
verskeie redes
H
Longprobleme by kalwers
Word veroorsaak deur infeksie in
die longe
-
maak
seker elke kalf kry 2 liter
biesmelk binne 4 ure na
geboorte
-
ent binne
die eerste 3 dae na geboorte
teen longsiektes
-
vermy
stof in die kos – gebruik
liewer korrels
-
hou die
skuiling skoon en warm met
strooi
-
maak die
oop kant van die skuiling
weg van die wind
-
In die
winter skuif ons die hokkies
noord aansig om maksimum son
in te kry – in die somer
draai ons die hokkies suid
sodat die kalfies in die
skaduwee kan wees.
|