Lys van spesifieke probleme
A Mastitis –
Moontlike bydraende
oorsake is:
-
bakterieë
-
stamp teen die
uie
-
verkeerde
vakuumvlakke van die melkmasjien
-
UItgediende
rubbervellings van die melkmasjien
-
verkeerde
melkprosedures
B
Galsiek
Word deur bosluise veroorsaak.
-
beheermaatreëls
sluit gereelde dip in
-
verander die
werkende bestanddeel van die dip elke 6 maand
-
skraap die
oppervlak van die kampe waar die koeie slaap
gereeld sodat die voortplantingsiklus van die
bosluise verbreek word
C
Melkkoors
Word veroorsaak deur ‘n wanbalans in
die voerrantsoen van die koeie
-
moenie die
koeie ‘n maand voor kalwing voer met enige voer
wat ryk is aan kalsium soos lusernhooi nie
-
moenie die uier
te gou na kalwing leegmelk nie – melk net klein
hoeveelhede (ongeveer 2 liter) op ‘n slag vir
die eerste 2 dae na kalwing
-
indien ‘n koei
tekens van melkkoors toon, moet die pasgebore
kalf van sy ma weggeneem word
D
Diaree in kalwers
Word veroorsaak deur bakterieë
-
Ent dragtige
koeie en klein kalfies teen buikloop
-
maak seker die
nuutgebore kalfi binne 4 ure na geboorte 2 liter
biesmelk inkry – dit bevat teenliggaampies wat
buikloop sal beveg
-
moenie die kalf
te veel melk gee nie – maksimum 2 liter op ‘n
keer 2 maal ‘n dag
E Vrotpootjie
Word veroorsaak deur bakterieë
-
Laat al die
koeie 2 maal per week deur ‘n voetbad loop
-
verander die
chemikalieë beurtelings met kopersulfaat en
sinksulfaat
-
knip die hoewe
van die koeie
-
Behandel koeie
wat wel vrotpootjie opgedoen het.
F
‘n Harige moesie aan die hakskeen van koeie
Word veroorsaak deur bakterieë
-
aanhoudende
gebruik van die voetbad met ‘n vars mengsel
chemikalieë 2 maal per week
-
behandel die
moesie met ‘n oplossing van
oxytetracyline-poeier tot ‘n pasta gemeng, op
die voet, met verband vasgemaak vir minstens 3
dae
G Aborsies
Kan veroorsaak word deur verskeie
redes
H
Longprobleme by kalwers
Word veroorsaak deur infeksie in die
longe
-
maak seker elke
kalf kry 2 liter biesmelk binne 4 ure na
geboorte
-
ent binne die
eerste 3 dae na geboorte teen longsiektes
-
vermy stof in
die kos – gebruik liewer korrels
-
hou die
skuiling skoon en warm met strooi
-
maak die oop
kant van die skuiling weg van die wind
|