-
Die gebruik van toetssemen
met dubbel sterkte
spermselle (20 miljoen
lewende sperm) per buisie
semen teenoor die vereiste 7
miljoen.
-
Die maandelikse gebruik van
’n veearts om te verseker
dat die koeie skoon en
gereed is vir inseminasie.
-
Aanvulling van minerale,
spoorelemente en vitamiene
word deurlopend toegedien.
-
Die melkkoeie wat nie
dragtig is wanneer hulle
afgedroog moet word nie,
word na die Paterson
veldplase geskuif waar hulle
by natuurlike dekbulle loop.
Hierdie praktyk blyk
suksesvol te wees omdat 80%
van daardie koeie na 3
maande wel dragtig raak.
-
‘n Bonus van R10 per koei
vir die insemineerder vir
elke koei wat deur die
veearts dragtig verklaar
word.
-
‘n Bonus van R2 vir die hitte
waarnemer wat tot die
dragtigheid gelei het.. Daar
word gemiddeld 350 koeie per
maand in die Koeihotel geïnsemineer.
-
Inseminasie geriewe is
onderdak sodat koeie nie in
die son staan terwyl hulle
wag om geïnsemineer te word
nie.
-
Insemineerders en bronstige
koei-uit kenners word op
KI-opleidingskursusse
gestuur om hulle vaardighede
en kennis te verbeter.