TEELPROGRAMME

Vrugbaarheidsbestuursbeleid


‘n Lae bevrugtingskaal onder Holsteinkoeie skyn ’n groot uitdaging te wees vir melkkuddes in die TMR-stelsel (Total Mixed Rations). Die bestuurspersoneel by Mooimelk Koeihotel het ’n hele aantal maatreëls in werking gestel om hulle bevrugtingskaal te verhoog:

 

  1. Die gebruik van toetssemen met dubbel sterkte spermselle (20 miljoen lewende sperm) per buisie semen.

  2. Die maandelikse gebruik van ’n veearts om te verseker dat  die koeie  skoon en gereed is vir inseminasie.

  3. Aanvulling van minerale, spoorelemente en vitamiene word binne ‘n maand na kalwing toegedien.

  4. Uitskot van koeie wat nie binne ses maande na kalwing weer dragtig is nie.

  5. ‘n Bonus van R10 per koei vir die insemineerder vir elke koei wat deur die veeart dragtig verklaar word.

  6. ‘n Bonus van R2 die hitte waarnemer wat tot die dragtigheid gelei het.. Daar word gemiddeld 350 koeie per maand geïnsemineer.

  7. Inseminasiegeriewe is onderdak sodat koeie nie in die son staan terwyl hulle wag om geïnsemineer te word nie.

  8. Insemineerders en bronstige koei-uitkenners word op KI-opleidingskursusse gestuur om hulle vaardighede en kennis te verbeter.

 

Vrugbaarheidsdoelwitte en prestasies

 

Bevrugting van koeie is noodsaaklik vir die ekonomiese voortbestaan van ‘n melkery. Die volgende doelwitte word in die Mooimelk Koeihotel gestel:

 

Getal koeie per maand geïnsemineer, as ‘n persentasie van koeie in melk.

Januarie 2007  

405  /  1 300

31.2%

Februarie 2007

464  /  1 346 

34.4%

Maart 2007    

529  /  1 313

40.2%

April  2007      

514  /  1 236

41.6%

Mei  2007       

335  /  1 312

25.5%

Junie  2007     

353  /  1 350

26.3%  

 
 
 
 
 
 
 
 

Gedurende die warm somermaande kan bevrugting so laag as 12% wees. Dis hoofsaaklik aan streshitte toe te skryf waar koeie nie skadu teen die son het nie. Dit verduidelik ook die rede waarom meer as 30% van die koeie gedurende die maande Januarie tot einde April geïnsemineer word. In Mei en Junie het die getal gedaal tot ongeveer 25% - ‘n bewys dat meer koeie bevrug is met die klimaatsverandering na herfs.

Van al die koeie wat aan die veearts voorgehou is tydens die maandelikse dragtigheidstoets, was die uitslae soos volg: let daarop dat die koeie in die eerste kolom nie weer bronstig geword het nie, ‘n aanduiding dat hulle dragtig was. Die tweede kolom gee die dragtige status weer in die totale koeikudde:

 

 
   
   
   
   
   
   
   
   

 

 

% Koeie dragtig  verklaar   

Persentasie van kudde dragtig

Januarie 2007  

79.3% 

41.6%

Februarie 2007

77.1%

35.6%

Maart 2007    

80.3%

36.5%

April  2007      

84.0%

37.4%

Mei 2007       

84.1%

32.0%

Junie 2007     

81.3%

38.6%

 
   
   
   
   
   
   
   
   
     

#Copyright Mooimelk Koeihotel