A -Vir die perd is
daar die volgende:
|
1. Saal |
Noodsaaklik |
| 2. Saalkleed |
Noodsaaklik |
| 3. Toom |
Verkieslik |
| 4. Borsplaat |
Opsioneel |
| 5. Halter |
Opsioneel |
| 6. Stertkous |
Opsioneel |
| 7. Beenbeskermers |
Opsioneel |
| 8. Sweetkombers |
Opsioneel |
| 9. Warmkombers |
Opsioneel |
| 10. Hoefysters |
Vereiste |
B -Vir die ruiter is
daar die volgende:
| 1. Harde hoed vir kop beskerming |
Verpligtend |
| 2. Kamaste vir enkel en onderbeen
beskerming |
Verkieslik |
| 3. Rybroek |
Aanbeveling |
| 4. Donkerbril of ander skerm vir oλ
se beskerming |
Aanbeveling |
| 5. Rugsak |
Handig |
C -By ruspunte word die
volgende benodig:
| 1. Water emmer vir die perd |
Noodsaaklik |
| 2. Stetoskoop of hart monitor |
Handig |
| 3. Rakkie waarop die saal geplaas
word |
Handig |
| 4. Tafeltjie vir goed neersit en
stoele vir die Groom |
Gerieflik |
| 5. Water om perd mee af te koel |
Noodsaaklik |
| 6. Koelhouer met water en
verversings vir die ruiter |
Aanbeveling |
D -By die huis waar die
perd aangehou word:
| 1. Kampie waar perd loop en gevoer
word |
Noodsaaklik |
| 2. Perdestal |
Opsioneel |
| 3. Oefenring |
Aanbeveling |
| 4. Watervoorsiening
|
Noodsaaklik |
| 5. Oefen roetes |
Aanbeveling |
| 6. Watter Horsebox om te kies |
Opsioneel |
| 7. Tente of blyplek by ritte
|
Opsioneel |
| 8. Sleepvoertuig |
Noodsaaklik |
A - Vir die perd:
1.
Saal
Noodsaaklik
Die keuse van die regte uithouritsaal is uiters
belangrik om veral die perd teen beserings te beskerm.
Meet die hoek van die perd se rug met n stuk draad 300 mm
lank wat jy soos n klerehanger buig. Buig die stukkie draad om
net agter die perd se skof die rug se kurwe te pas meeste
perde se hoek is ongeveer 90 grade. Neem hierdie afmeting saam
as jy n saal vir die perd gaan uitsoek. Mens kan ook n aftrek
van die draad op n stuk papier maak en dit na die saalmaker
Fax. Dit is beter om n pasmaak saal deur n proffesionele
saalmaker te laat bou as om een van die rak te koop.
Die prysverskil tussen n pasgemaakte uithouritsaal en n saal
wat van die rak af gekoop word, is minder as n duisend rand.
Meeste beginner ruiters koop oorhaastig n saal met groot nadele
van die plaaslike perdewinkel net om binne twee jaar te besef
dat hulle die regte uithourit saal benodig. Dan sit jy met twee
saals en daar is nie n goeie mark vir gebruikte saals nie.
Suid Afrika het van die beste uithouritsaal bouers in die
Wκreld die Leon Liversage reeks saals word na die res van die
Wκreld uitgevoer! Kontak hulle in Belfast, Mpumalanga by die
volgende tel nommer = 013 2530797 of by 082 7460334. Hul web
adres is www.trailrider@co.za
2. SAALKLEED
Noodsaaklik
Is belangriker as wat meeste mense besef, dit is
die direkte kontak tussen die saal en die perd se rug.
Kies materiaal wat as kussing kan dien om die saal se gewig
egalig oor die perd se rug te help verspei. sonder knoppies of
harde plekke wat skaafplekke op die perd se rug kan veroorsaak.
Ervare perdemense maak hul eie saalkleedjies van skaapvel en
digte spons. Pauline du Plessis van Saruk Arabians in die
Suidkaap maak en bemark sulke saalkeedjies. Haar Tel nommer is -
..
Baie mense gebruik n sagte wolkombers wat in twee gesny is en
dan dubbel gevou word, so het jy twee saalkleedjies uit een
kombers. Die kombers kan dan na n paar keer se gebruik in die
wasmasjien gewas word.
Daar is ook verskeie duur opsies in die perdewinkels. Die seil
tipe materiaal het die nadeel dat dit maklik op die perd se rug
gly as die perd teen n styl opdraende uitklim. Dit absorbeer
ook nie die sweet nie.
Die nagemaakte woltipe saalkleed wat in die vorm van die saal
gesny is, het weer die nadeel dat dit onder die saal uitskuif.
Maak seker dat dit met gespes aan die saal vasgemaak word.
3. TOOM Noodsaaklik
Die regte toom vir die perd is uiters belangrik.
Onthou dat die toom eintlik die perd se stuurmeganisme en die
rempedaal is. Egte leer lyk mooi maar is nie waterbestand nie.
Meeste Nylon tooms kan ook as halter gebruik word, en hierdie
tooms is gewoonlik sterker as leer tooms.
Die ideaal is om die perd sonder n Stang of Trens deur die
bek te ry. Enige obstruksie in die bek beperk die asemhaling van
die perd. Daar is oor jare juis vir al hierdie behoeftes
voorsiening gemaak. Dit is egter nie enige perd wat sonder n
stang deur die bek gery kan word nie
Meeste ruiters ry hul perde met n Trens die gebroke metaal
stuk wat deur die bek gesit word. Dit is sagter op die perd as
die vaste Stang. Daar is ruiters wat hul perde goed genoeg ken
om sonder n Stang of Trens in die bek ry. Hulle noem dit n
Bosal halter en dit laat vry asemhaling toe. Die Hackemore toom
gebruik ook n ander meganisme van hefboom aksie om die perd in
te hou of te stop.
Die vaste Stang is die uitkoms vir die bedorwe perd wat nie
brieke het nie. Meeste perde liefhebbers hou nie daarvan nie,
maar dit is soms die enigste opsie om volle beheer oor die perd
te hκ. Hingste word ook beter beheer as hulle met n Stang gery
word.
Kies altyd n toom waar dit moontlik is om die mondstuk af te
haal sonder om die toom van die perd se kop af te haal. Dit
vergemaklik waterdrink op die roete en ook tydens ruspunte hoef
mens dan nie die toom elke keer af te haal nie, jy haal slegs
die mondstuk met leisels af. Sit dan net die leiband aan en
siedaar, die halter is onnodig.
4. BORSPLAAT
opsioneel
Daar is ervare ruiters wat glo dat jy nie sonder n
borsplaat behoort te ry nie. Dit is n leer band wat tussen die
voorbene aan n bors Buikgord horisontaal vaskom en dan aan
die voorkant weerskante van die saal vasgemaak word.
Die groot voordeel is dat die saal beter in plek gehou word,
veral teen styl opdraendes. Die saal hoef dan ook nie so styf
vasgetrek te word nie met die voordeel dat die perd beter kan
asemhaal.
5. HALTER opsioneel
Die halter word gebruik om die perd te hanteer
sonder om sy bek te beseer. Halters wat aan die perd gelos word
sodat die perd maklik gevang kan word, moet weerbestand wees.
Weereens in Nylon materiaal goedkoper en beter.
Daar is verskillende groottes halters by die perdewinkels te
koop. Die Arabierperd gebruik die medium grootte. Baie mense
maak hul eie halters met dik 12 mm Nylon tou, dit is goedkoop en
sterk!
6. STERTKOUS
opsioneel
Wanneer perde in die Horsebox gelaai word is hulle
geneig om agteruit te beur terwyl die voertuig ry. As mens nie
n stertkous om die dik deel van die stert draai nie, skaaf die
stert tot dit bloei. Die hare skaaf af en herstel oor n lang
tyd. Mens kan die rekbare rubber band by perdewinkels koop. Dit
het n strook Velcro wat vasheg om die stertkous styfgetrek om
die stert te hou.
Sommige mense verbind ook die stert soos die voorbene om dit
teen skaaf te beskerm. Maak net seker dat die verband nie loskom
nie.
Die beste metode van voorkoming is om die agterste hek in die
Horsebox so te ontwerp dat die perd nie skuur nie. n Baie
suksesvolle metode is om n ketting te gebruik om te keer dat
die perd agteruit beur.
7. BEENBESKERMING
opsioneel
Wanneer perde vervoer word is daar altyd n risiko
dat die skeen gedeeltes van die bene beseer raak. Om die bene te
beskerm is dus noodsaaklik en redelik maklik om te doen.
Meeste mense gebruik rekbare verband materiaal met n strook
watte wat liggies om die been verbind word. Daar is ook gekoopte
seil tipe been beskermers wat met Velcro vasheg om weer maklik
afgehaal word.
8. SWEETKOMBERS
opsioneel
Die uithouritsport word grootliks in die Herfs en
Wintermaande beoefen. Dit is soms koud en selfs geryp wanneer
ritte plaasvind. Nadat n perd warm gery is word hy koudgely
maar mens wil nie hκ die spiere moet skielik koue kry nie.
Die sweetkombers help om die perd warm te hou sodat die spiere
soepel is wanneer die perd weer na 20 minute vir die Veearts
moet draf. Perde kry maklik koud veral as die sweet nat is en
verdamping tot vinnige afkoeling lei.
9. PERDEKOMBERS
opsioneel
Voordat perde die eerste been begin behoort hulle
goed op te warm vir die rit. Veral in die koue weer help dit as
mens n perdekombers oortrek om die perd warm te hou terwyl jy
met hom stap.
Maak seker dat die kombers gespes het wat die kombers in plek
hou anders val dit af terwyl jy stap. Meeste mense koop n
perdekombers maar daar is ook mense wat dit maak. Meet die
afstand van die maanhaar by die skof tot by die perd se stert
voordat jy gaan koop, anders pas die kombers dalk nie.
10. HOEFYSTERS
noodsaaklik
Vir ritte langer as 30 Km is dit verpligtend dat
perde met hoefysters beslaan moet wees as jy gaan ry. Beslaning
is n proffesionele taak en moet deur n bekwame persoon gedoen
word.
Teken die perd se hoef op n stuk papier af as jy gaan om
hoefysters te gaan koop. So kan jy die regte grootte yster vir
jou perd kry. Die beste spykers moet gekoop word omdat uithourit
perde se hoefysters aan baie spanning blootgestel word.
Die hoefsmit sal ook weet hoe om Pads aan te sit wat help om
kneusings te voorkom. Hoefysters moet nie langer as 2 maande aan
die perd gelos word nie. Daar is kenners wat glo mens moet die
perd soveel moontlik sonder hoefysters laat loop, dit is goed
vir bloedsirkulasie!
B -Vir die Ruiter is
daar die volgende:
1. HARDEHOED VIR KOP
VAN RUITER - verpligtend
Die dra van n hardehoed is verpligtend, selfs
wanneer mens oefen behoort mens altyd n hoof beskerming te dra.
Meeste mense koop somaar n fietsry helmet by sportwinkels.
Weereens is dit waarskynlik beter en koop eenmalig die regte
perdry hoed wat ontwerp is vir die doel. Dit is belangrik dat
die hardehoed reg pas, dit moet nie op jou kop rondskud as jy ry
nie.
Die regte hardehoed is
.
2. KAMASTE VIR DIE
ONDERBEEN noodsaaklik
Weereens is dit belangrik om die eerste keer die
regte soort te koop. Sommige soorte maak met Velcro vas en werk
goed. Maak seker dat die regte nommer gekoop word. Pas die
kamaste met jou ryskoene en rybroek aan. Maak seker dat dit nie
in die binnekant van die knie buiging vasdruk as jy jou knie
buig nie.
Die beste soort is duur. Dit is van egte leer met n plastiese
Zip. Druk deur en koop liewer die duurder goeie soort, jy sal
later al vergeet het van die prys maar steeds die plesier geniet
van maklik aansit en afhaal.
3. RYBROEK
noodsaaklik
Om 80 Km met n perd te ry is nie grappies nie. Om
jou eie bene te beskerm help dit om n nousluitende rekbare
broek vir perdry te koop. Daar is mense wat met n los sweetpak
broek ook ry, sonder om te skuur.
Sommige ruiters trek onder die rybroek ook nog n paar sykouse
en n lang onderbroek aan. Dit help ook baie om n fietsry broek
onder die rybroek aan te trek.
4. DONKERBRIL
opsioneel
In die somermaande is daar baie muggies of insekte
wat in jou oλ kan flieg. Perde wat net voor jou ry skop ook
klippies op wat jou oλ kan beseer. Die koue wind en stof is ook
irriterend op die ruiter se oλ. n Beskermende bril help om die
ruiter se oλ!
5. RUGSAK opsioneel
In warm weer word die ruiter ook tydens die rit
baie dors. Soms het mens ook dingetjies soos kramp pille of
toiletpapier tydens die rit nodig. Ander ruiters vat weer graag
lekkers vir energie op n rit saam. Dit is ook wys om n stuk
nylon tou saam te vat ingeval iets aan die saal of toom breek en
vasgemaak moet word. Om al hierdie goed saam te dra is n
Camelbag rugsak baie handig om op die ruiter se rug saam te
dra.
C -By ruspunte vir die
Groom
1. WATEREMMER
noodsaaklik
By die ruspunt moet daar altyd water vir die perd
wag. Meeste Grooms kies n plek waar hulle met hul voertuig
staan en al hul voorbereiding vir die koms van perd en ruiter
gereedmaak. Kies n groot wateremmer wat minstens 20 liter hou.
2. STETTOSKOOP
opsioneel
Dit is belangrik vir die Groom en die ruiter om te
weet wat die perd se hartklop is wanneer die perd inkom van n
been se rit. Sommige ritte is op die oop hek sisteem en mag die
perd vir die Veearts aangebied word sodra die perd se pols onder
60 slae per minuut is. n Hart monitor kan ook werk maar is
aansienlik duurder as n Stetoskoop.
3. BOKKIE VIR DIE
SAAL opsioneel
Sodra die perd afgesaal word moet die saal op n
staander of rak geplaas word sodat dit weer maklik sonder sand
of klitsgras opgesaal kan word.
4. TAFEL EN STOELE
opsioneel
Die dag kan lank word as die ruiter nie ry om te
wen nie. Die Grooms gesels lekker terwyl hulle vir die perde wag
en is dit dus handig om kampeer stoele saam te vat. Die ruiter
is ook gewoonlik moeg en wil graag sit om iets te eet terwyl die
Groom die perd rondlei. n Klein opvoubare tafeltjie is ook aan
te beveel omdat daar vele dingetjies is neergesit moet word.
5. WATER VIR
AFKOELING VAN DIE PERD noodsaaklik
Daar is nogal n verskil van opinie of perde met
water afgekoel moet word of nie. Vir die wat wel daarin glo doen
dit gewoonlik as volg.
Meeste kenners glo egter dat mens op n warm dag water moet
gebruik om die perd af te koel sodat sy pols kan afkom. Sommige
Grooms gebruik n drom water met n klein Bulge pompie soos
hulle op hengelbote gebruik om die perd af te spuit. Ander
gebruik weer groot sponse om met water oor die nek en binnedye
van die agterbene af te koel.
Die waarskuwing is dat mens nie die dik boudspiere met koue
water moet benat nie. Dit is ook belangrik om nadat die perd se
lyf natgemaak is weer die water af te skraap. Dit help ook om
die hare teenoorgestelde kant toe te vee sodat verdamping
afkoeling kan veroorsaak. Hiervoor gebruik sommige Grooms ook
waaiers om die perd koel te waai.
6. KOELHOUER MET
VERVERSINGS- opsioneel
Dit is wys om n koelhouer met koeldrank, water en
eetgoedjies vir die ruiter by die ruspunt gereed te hou. n
Energiedrankie en sjokolade is gunstelinge. Maak ook seker dat
die ruiter iets in sy maag kry soos winkelpap met melk of n
vruggie soos n piesang of joghurt!
D -Vir die Perd by die
huis
1. KAMPIE VIR DIE
PERD noodsaaklik
Dit is beter dat die uithourit perd in n losloop
kamp gehuisves word as in n stal. Solank die kampie groot
genoeg is minstens sowat 30 meter wyd en 50 tot 100 meter
lank. Groter kampies is selfs beter omdat die perde graag
hardloop en pronk. As die kamp veel groter is raak dit soms n
probleem om die perde te vang as hulle baldadig raak.
Die keuse van die omheinings materiaal vir die kamp is uiters
belangrik. Swak omheinings veroorsaak dat Perde onnodig beseer
raak wanneer hulle hoewe iewers in n draad vashaak. Pasop vir
Bonnoks heining en selfs groot sifdraad waar die perd se hoef
met sy hoefyster vashaak en die hoef op die haarlyn of in die
kootgewrig sny. Dit neem maande vir so n besering om te herstel,
soms herstel dit nie weer sodat jy uithouritte met die perd kan
ry nie. Die beste materiaal om te gebruik is n pale heining of
enige ander materiaal wat nie die perde kan beseer nie.
Die kampie moet nie gesien word as bron van voeding vir die
perd nie, tog is dit voordelig as die perd kan knibbel om sy
tande te help afslyt. Kikoejoe kampies het ongelukkig meer
nadele as voordele. Die weidingsgehalte is swak en die
oppervlakte is te sag vir die hoewe. Sou mens die luuksheid van
wisselweiding met kampies kon doen, het dit groot voordele. Dit
is goed om die kampie waar die perde uitkom met n bossiekapper
of Mulcher plat te sny om al die perdemis en rankerige gras of
onkruid weg te slaan. Laat die son dit skoonbrand om n opbou
van siektes te voorkom.
2. OEFENRING VIR DIE
PERDE opsioneel
Om perde fiks te maak verg verskillende metodes van
oefening. Die oefenring se groot voordeel is dat die perd kan
hardloop sonder dat die bene die gewig van die ruiter dra. Mens
kan ook die perd laat oefen sonder dat die ruiter self by die
huis hoef te wees. In baie ruiters se geval is tyd beperk maar
die perd moet tog fiks bly, dan kan die groom die perd in die
ring laat harloop om voor te berei vir die rit.
Daar sal uiteenlopende voorskrifte vir die bou van oefenringe
wees. Meeste ringe word met houtpale gebou wat tot op ooghoogte
van die perd is. Die deursnit of radius van die ring is
belangrik. Die voorskrif wat goed werk is n radius van 11
meter, dus 22 meter deursnee. Dit veroorsaak dat die perd nie te
kort draai nie maar tog sy rug en lyf moet buig om al die spiere
te oefen. Maak net seker dat die hek goed kan toemaak omdat
skelm perde gou agterkom waar om uit te breek.
n Goedkoop en praktiese ring kan ook van ou motorbande gebou
word. Pak die bande soos n ketting in die vorm van n vaste
muur, met die bande plat op mekaar gestapel. Kap n ysterpaal
tussen twee bande in wat oorvleuel, een bo op die ander, die res
van die bande word dan bo oor die ysterpaal ingepak en so
opgebou tot gelyk met die ysterpaal. Skakel met Bob Seegers in
Graaff Reinette vir verdere voorskrifte oor hierdie en baie
ander wenke, sy kontaknommer is = 084 8880662 of Laura by 083
6746401
Die oefentyd in die ring is belangrik, asook om die perde elke
5 minute van rigting te laat verander. Sommige voorskrifte is om
die perd te laat oefen totdat hy begin sweet, en dan op te hou.
Ander mense stel weer voor dat jy minstens 20 minute ringwerk op
n slag doen. Kenners verkies om die perd nie langer as 45
minute in die ring te laat Gym nie. Sodra perde die ring begin
verstaan en geniet kan jy sy gang met jou stemtoon en sweep
beheer. Die sweep word nooit gebruik om die perd mee te slaan
nie, dit is n afrigtings tool wat geklap kan word om sekere
gedrag af te dwing. Dinge soos draf of gallop om van rigting te
verander om die perd te dwing om sy bene te wissel. Volledige
voorskrifte vir n oefenprogram sal in n ander module bespreek
word.
3. WATERVOORSIENING -
noodsaaklik
Vars skoon drinkwater moet altyd vir die perd
beskikbaar wees. Oop gronddamme is nie gesonde bronne van water
nie, dis meesal broeplek vir parasiete. Sommige mense leer die
perd om in sy kampie al uit n emmer te drink sodat die perd
op ritte en by ruspunte ook maklik uit die emmer sal drink.
4. OEFENROETES -
handig
Beplan jou oefenroetes om verskillende tipe terrein
in te sluit. Sou daar n moontlikheid van n styl opdraende wees
waar die perde se hartklop binne n kort tyd opgejaag kan word
is dit waardevol. Iewers in die oefenprogram moet ook sanderige
oppervlakte wees, n rivierbedding of vir die gelukkiges n
sandstrand langs die see. Die voorskrifte vir n oefenprogram
sal in n ander module bespreek word. Oefenroetes van 8 tot 40
km is idiaal, in die week doen mens dan die korter roete en op
n naweek ry jy die langer roete.
5. VERVOER VAN PERDE
- noodsaaklik
Die duur deel van die sport is om jouself en jou
perd tot by ritte te vervoer. Verskeie metodes word gebruik, dit
is interresant om te sien hoe vindingryk mense is om die sport
meer bekostigbaar te maak. Die mees algemene metode om perde te
vervoer is met die Horsebox. Daar is enkelperd, tweeperd,
drieperd en selfs vierperd gesleepte Boxe wat gekoop of gebou
kan word. Soms laai mense perde op bakkies met n raamwerk en
windskerm oor die kappie. Ander gebruik weer n groot vragmotor
wat n klomp perde kan laai en dan ook as blyplek gebruik kan
word.
Die CRISBOX reeks Horsebox bied veilige roesvrye hoλ kwaliteit
waens wat perdvriendelik gebou en ontwerp is. Die vloer is nie
glibberig nie en perde beseer nie maklik nie. Die binnekant is
so ingerig dat mens maklik daarin kan slaap ook. Sou mens nuut
koop is die aanbeveling dat jy defnitief hierdie handelmerk sal
oorwweg. Hul Tel nommer is 012 -
.
Sou jy n goeie gebruikte Horsebox te koop kan kry, is dit
belangrik om na die volgende aspekte op te let.
Stel vas wat die Box weeg, as dit meer as 1,000 kg leeg weeg
vir n tweeperd wa mag dit baie sterk wees, maar dit gaan
moeilik sleep en jou brandstof rekening opstoot.
Laat kyk na die toestand van die wheel bearings omdat dit n
aanduiding kan wees van hoeveel werk die Box gedoen het. Groter
wiele en bande is ook n voordeel alhoewel die wa bietjie hoλr
van die grond af loop.
Let op na die wind weerstand, met ander woorde stel vas hoe
moeilik die wa gaan sleep, toets dit indien moontlik. Dit is
baie keer die rede waarom mense n Hosebox wil verkoop, omdat
dit moeilik sleep en brandstofverbruik van die sleepvoertuig
opstoot.
Let op na roes, ook onder die vloer waar mens nie maklik kan
sien nie. Goedkoop koop kan duur koop word as jy binne 3 jaar in
elkgeval n nuwe Horsebox moet koop.
6. BLYPLEK BY RITTE
ter inligting
Die blyplek by ritte kan bydra tot die uitstappie
se avontuur of plesier of dit kan die familie afskrik om nooit
weer saam te gaan na n rit nie.
Tent opslaan en kampeer is vir baie mense wat goed ingerig is
heel oraait. Sodra die wind egter opkom of dit swaar reλn het
dit ander implikasies. Dit is egter goedkoop en waar dit net 2
of drie persone betrokke is, blt dit n goeie opsie.
Agter op n bakkie met kappie op, val amper in die vorige
kategorie alhoewel dit werklik net slaapplek op n matras is.
Weereens vir net twee mense wat vir een of twee aande iewers wil
slaap.
Horsebox wat uitgewas is nadat die perde afgelaai is bied meer
ruimte as die bakkie, veral as dit ingeboude beddens in het.
Hierdie opsie is ook goedkoop omdat die Horsebox meesal gratis
mag staan, uitgesluit by Fauresmith natuurlik waar mens n
kampeerplek moet bespreek.
Karavaan op die perseel is luukser maar met vele voordele.
Meesal is die probleem hoe om die perde en die karavaan gelyk
daar te kry. Wat sommige mense doen is om met plaaslike mense op
die dorp waar die rit aangebied word, te reel vir die huur van
n karavaan wat dan by aankoms reeds opgeslaan is. Die karavaan
eienaar gaan breek dan self af en verwyder die karavaan terwyl
julle die perde laai, lekker nθ.
Bungalo of gastehuis naby die perde se blyplek maak die naweek
meer soos n kort vakansie vir die helpers en familie wat
saamgaan. Dit is die duurste blyplek naas n luukse Hotel maar
nou kan mammie en die Groom rustig wees omdat die gastehuis ook
etes voorsit. Om die koste vir die naweek te verlaag kan die
kinders moontlik by die perde in die bakkie of die Horsebox
slaap en die ouers in die gastehuis!
7. SLEEPVOERTUIG
noodsaaklik
Die uithouritsport se duurste uitgawe is
waarskynlik die reiskoste na en van ritte. In Suid Afrika is
afstande ook lank en mens spandeer baie tyd in die voertuig,
neem dus in ag hoeveel mense na ritte saamry alvorens jy oor n
sleepvoertuig besluit.
Om n tweeperd Horsebox te sleep kan selfs n Toyota 2,4
Diesel ook gebruik word, jy moet net stadiger ry, wat nie
noodwendig n fout is nie. Die dubbelkajuit voertuie is
natuurlik baie gewild omdat die hele familie dan binne kan ry
terwyl daar pakplek vir al die toerusting in die kappie is,
hulle het ook gewoonlik kragtiger enjins.
Kies liewers n Dieselvoertuig as sleepvoertuig omdat hulle
nie warm word as die vrag swaar trek nie. Dieselvoertuie se
brandstofverbruik is oor die algemeen beter en die diesel kos
ook nog bietjie goedkoper. Die grootste voordeel is natuurlik
die groter Torque van die Diesekvoertuig teenoor petrol
aangedrewe enjins, wat beteken die voertuig hou sy spoed beter
teen opraendes.
4 x 4 Voertuig is nie n vereiste nie, tog is dit handig om by
sommige ritte wel die opsie te hκ. Dit gaan eerder om die lae
ratverhouding om baie stadig teen n steilte uit te ry of om
agteruit te stoot.
AFSLUITING
Hierdie aanbevelings is baie eenvoudig geskryf omdat
mens nie n boek oor elke onderwerp wil skryf nie. Dit dien dus
slegs as riglyn en mens kan gerus by ritte meer uitvra om n
wyer bron van kennis tussen ervare ruiters te versamel. Ons hoop
egter dat dit van waarde kan wees vir mense wat tot die sport
toetree en onseker is oor wat hulle benodig. Onthou die
uithouritsport se leuse is - Lekker ry!!
A -Vir die perd is daar
die volgende:
11. Saal Noodsaaklik
12. Saalkleed Noodsaaklik
13. Toom Verkieslik
14. Borsplaat Opsioneel
15. Halter Opsioneel
16. Stertkous Opsioneel
17. Beenbeskermers Opsioneel
18. Sweetkombers Opsioneel
19. Warmkombers Opsioneel
20. Hoefysters Vereiste
B -Vir die ruiter is
daar die volgende:
6. Harde hoed vir kop beskerming Verpligtend
7. Kamaste vir enkel en onderbeen beskerming Verkieslik
8. Rybroek Aanbeveling
9. Donkerbril of ander skerm vir oλ se beskerming Aanbeveling
10. Rugsak Handig
C -By ruspunte word die
volgende benodig:
7. Water emmer vir die perd Noodsaaklik
8. Stetoskoop of hart monitor Handig
9. Rakkie waarop die saal geplaas word Handig
10. Tafeltjie vir goed neersit en stoele vir die Groom Gerieflik
11. Water om perd mee af te koel Noodsaaklik
12. Koelhouer met water en verversings vir die ruiter
Aanbeveling
D -By die huis waar die
perd aangehou word:
9. Kampie waar perd loop en gevoer word Noodsaaklik
10. Perdestal Opsioneel
11. Oefenring Aanbeveling
12. Watervoorsiening Noodsaaklik
13. Oefen roetes Aanbeveling
14. Watter Horsebox om te kies Opsioneel
15. Tente of blyplek by ritte Opsioneel
16. Sleepvoertuig Noodsaaklik
A -
Vir die perd:
11. Saal Noodsaaklik
Die keuse van die regte uithouritsaal is uiters belangrik om
veral die perd teen beserings te beskerm.
Meet die hoek van die perd se rug met n stuk draad 300 mm
lank wat jy soos n klerehanger buig. Buig die stukkie draad om
net agter die perd se skof die rug se kurwe te pas meeste
perde se hoek is ongeveer 90 grade. Neem hierdie afmeting saam
as jy n saal vir die perd gaan uitsoek. Mens kan ook n aftrek
van die draad op n stuk papier maak en dit na die saalmaker
Fax. Dit is beter om n pasmaak saal deur n proffesionele
saalmaker te laat bou as om een van die rak te koop.
Die prysverskil tussen n pasgemaakte uithouritsaal en n saal
wat van die rak af gekoop word, is minder as n duisend rand.
Meeste beginner ruiters koop oorhaastig n saal met groot nadele
van die plaaslike perdewinkel net om binne twee jaar te besef
dat hulle die regte uithourit saal benodig. Dan sit jy met twee
saals en daar is nie n goeie mark vir gebruikte saals nie.
Suid Afrika het van die beste uithouritsaal bouers in die
Wκreld die Leon Liversage reeks saals word na die res van die
Wκreld uitgevoer! Kontak hulle in Belfast, Mpumalanga by die
volgende tel nommer = 013 2530797 of by 082 7460334. Hul web
adres is www.trailrider@co.za
12. SAALKLEED
Noodsaaklik
Is belangriker as wat meeste mense besef, dit is die
direkte kontak tussen die saal en die perd se rug.
Kies materiaal wat as kussing kan dien om die saal se gewig
egalig oor die perd se rug te help verspei. sonder knoppies of
harde plekke wat skaafplekke op die perd se rug kan veroorsaak.
Ervare perdemense maak hul eie saalkleedjies van skaapvel en
digte spons. Pauline du Plessis van Saruk Arabians in die
Suidkaap maak en bemark sulke saalkeedjies. Haar Tel nommer is -
..
Baie mense gebruik n sagte wolkombers wat in twee gesny is en
dan dubbel gevou word, so het jy twee saalkleedjies uit een
kombers. Die kombers kan dan na n paar keer se gebruik in die
wasmasjien gewas word.
Daar is ook verskeie duur opsies in die perdewinkels. Die seil
tipe materiaal het die nadeel dat dit maklik op die perd se rug
gly as die perd teen n styl opdraende uitklim. Dit absorbeer
ook nie die sweet nie.
Die nagemaakte woltipe saalkleed wat in die vorm van die saal
gesny is, het weer die nadeel dat dit onder die saal uitskuif.
Maak seker dat dit met gespes aan die saal vasgemaak word.
13. TOOM Noodsaaklik
Die regte toom vir die perd is uiters belangrik. Onthou
dat die toom eintlik die perd se stuurmeganisme en die rempedaal
is. Egte leer lyk mooi maar is nie waterbestand nie. Meeste
Nylon tooms kan ook as halter gebruik word, en hierdie tooms is
gewoonlik sterker as leer tooms.
Die ideaal is om die perd sonder n Stang of Trens deur die
bek te ry. Enige obstruksie in die bek beperk die asemhaling van
die perd. Daar is oor jare juis vir al hierdie behoeftes
voorsiening gemaak. Dit is egter nie enige perd wat sonder n
stang deur die bek gery kan word nie
Meeste ruiters ry hul perde met n Trens die gebroke metaal
stuk wat deur die bek gesit word. Dit is sagter op die perd as
die vaste Stang. Daar is ruiters wat hul perde goed genoeg ken
om sonder n Stang of Trens in die bek ry. Hulle noem dit n
Bosal halter en dit laat vry asemhaling toe. Die Hackemore toom
gebruik ook n ander meganisme van hefboom aksie om die perd in
te hou of te stop.
Die vaste Stang is die uitkoms vir die bedorwe perd wat nie
brieke het nie. Meeste perde liefhebbers hou nie daarvan nie,
maar dit is soms die enigste opsie om volle beheer oor die perd
te hκ. Hingste word ook beter beheer as hulle met n Stang gery
word.
Kies altyd n toom waar dit moontlik is om die mondstuk af te
haal sonder om die toom van die perd se kop af te haal. Dit
vergemaklik waterdrink op die roete en ook tydens ruspunte hoef
mens dan nie die toom elke keer af te haal nie, jy haal slegs
die mondstuk met leisels af. Sit dan net die leiband aan en
siedaar, die halter is onnodig.
14. BORSPLAAT
opsioneel
Daar is ervare ruiters wat glo dat jy nie sonder n
borsplaat behoort te ry nie. Dit is n leer band wat tussen die
voorbene aan n bors Buikgord horisontaal vaskom en dan aan
die voorkant weerskante van die saal vasgemaak word.
Die groot voordeel is dat die saal beter in plek gehou word,
veral teen styl opdraendes. Die saal hoef dan ook nie so styf
vasgetrek te word nie met die voordeel dat die perd beter kan
asemhaal.
15. HALTER opsioneel
Die halter word gebruik om die perd te hanteer sonder om sy
bek te beseer. Halters wat aan die perd gelos word sodat die
perd maklik gevang kan word, moet weerbestand wees. Weereens in
Nylon materiaal goedkoper en beter.
Daar is verskillende groottes halters by die perdewinkels te
koop. Die Arabierperd gebruik die medium grootte. Baie mense
maak hul eie halters met dik 12 mm Nylon tou, dit is goedkoop en
sterk!
16. STERTKOUS
opsioneel
Wanneer perde in die Horsebox gelaai word is hulle
geneig om agteruit te beur terwyl die voertuig ry. As mens nie
n stertkous om die dik deel van die stert draai nie, skaaf die
stert tot dit bloei. Die hare skaaf af en herstel oor n lang
tyd. Mens kan die rekbare rubber band by perdewinkels koop. Dit
het n strook Velcro wat vasheg om die stertkous styfgetrek om
die stert te hou.
Sommige mense verbind ook die stert soos die voorbene om dit
teen skaaf te beskerm. Maak net seker dat die verband nie loskom
nie.
Die beste metode van voorkoming is om die agterste hek in die
Horsebox so te ontwerp dat die perd nie skuur nie. n Baie
suksesvolle metode is om n ketting te gebruik om te keer dat
die perd agteruit beur.
17. BEENBESKERMING
opsioneel
Wanneer perde vervoer word is daar altyd n risiko dat
die skeen gedeeltes van die bene beseer raak. Om die bene te
beskerm is dus noodsaaklik en redelik maklik om te doen.
Meeste mense gebruik rekbare verband materiaal met n strook
watte wat liggies om die been verbind word. Daar is ook gekoopte
seil tipe been beskermers wat met Velcro vasheg om weer maklik
afgehaal word.
18. SWEETKOMBERS
opsioneel
Die uithouritsport word grootliks in die Herfs en
Wintermaande beoefen. Dit is soms koud en selfs geryp wanneer
ritte plaasvind. Nadat n perd warm gery is word hy koudgely
maar mens wil nie hκ die spiere moet skielik koue kry nie.
Die sweetkombers help om die perd warm te hou sodat die spiere
soepel is wanneer die perd weer na 20 minute vir die Veearts
moet draf. Perde kry maklik koud veral as die sweet nat is en
verdamping tot vinnige afkoeling lei.
19. PERDEKOMBERS opsioneel
Voordat perde die eerste been begin behoort hulle goed op te
warm vir die rit. Veral in die koue weer help dit as mens n
perdekombers oortrek om die perd warm te hou terwyl jy met hom
stap.
Maak seker dat die kombers gespes het wat die kombers in plek
hou anders val dit af terwyl jy stap. Meeste mense koop n
perdekombers maar daar is ook mense wat dit maak. Meet die
afstand van die maanhaar by die skof tot by die perd se stert
voordat jy gaan koop, anders pas die kombers dalk nie.
20. HOEFYSTERS
noodsaaklik
Vir ritte langer as 30 Km is dit verpligtend dat perde
met hoefysters beslaan moet wees as jy gaan ry. Beslaning is n
proffesionele taak en moet deur n bekwame persoon gedoen word.
Teken die perd se hoef op n stuk papier af as jy gaan om
hoefysters te gaan koop. So kan jy die regte grootte yster vir
jou perd kry. Die beste spykers moet gekoop word omdat uithourit
perde se hoefysters aan baie spanning blootgestel word.
Die hoefsmit sal ook weet hoe om Pads aan te sit wat help om
kneusings te voorkom. Hoefysters moet nie langer as 2 maande aan
die perd gelos word nie. Daar is kenners wat glo mens moet die
perd soveel moontlik sonder hoefysters laat loop, dit is goed
vir bloedsirkulasie!
B -Vir die Ruiter is
daar die volgende:
6. HARDEHOED VIR KOP VAN
RUITER - verpligtend
Die dra van n hardehoed is verpligtend, selfs wanneer
mens oefen behoort mens altyd n hoof beskerming te dra.
Meeste mense koop somaar n fietsry helmet by sportwinkels.
Weereens is dit waarskynlik beter en koop eenmalig die regte
perdry hoed wat ontwerp is vir die doel. Dit is belangrik dat
die hardehoed reg pas, dit moet nie op jou kop rondskud as jy ry
nie.
Die regte hardehoed is
.
7. KAMASTE VIR DIE
ONDERBEEN noodsaaklik
Weereens is dit belangrik om die eerste keer die regte
soort te koop. Sommige soorte maak met Velcro vas en werk goed.
Maak seker dat die regte nommer gekoop word. Pas die kamaste met
jou ryskoene en rybroek aan. Maak seker dat dit nie in die
binnekant van die knie buiging vasdruk as jy jou knie buig nie.
Die beste soort is duur. Dit is van egte leer met n plastiese
Zip. Druk deur en koop liewer die duurder goeie soort, jy sal
later al vergeet het van die prys maar steeds die plesier geniet
van maklik aansit en afhaal.
8. RYBROEK noodsaaklik
Om 80 Km met n perd te ry is nie grappies nie. Om jou
eie bene te beskerm help dit om n nousluitende rekbare broek
vir perdry te koop. Daar is mense wat met n los sweetpak broek
ook ry, sonder om te skuur.
Sommige ruiters trek onder die rybroek ook nog n paar sykouse
en n lang onderbroek aan. Dit help ook baie om n fietsry broek
onder die rybroek aan te trek.
9. DONKERBRIL
opsioneel
In die somermaande is daar baie muggies of insekte wat
in jou oλ kan flieg. Perde wat net voor jou ry skop ook klippies
op wat jou oλ kan beseer. Die koue wind en stof is ook
irriterend op die ruiter se oλ. n Beskermende bril help om die
ruiter se oλ!
10. RUGSAK opsioneel
In warm weer word die ruiter ook tydens die rit baie
dors. Soms het mens ook dingetjies soos kramp pille of
toiletpapier tydens die rit nodig. Ander ruiters vat weer graag
lekkers vir energie op n rit saam. Dit is ook wys om n stuk
nylon tou saam te vat ingeval iets aan die saal of toom breek en
vasgemaak moet word. Om al hierdie goed saam te dra is n
Camelbag rugsak baie handig om op die ruiter se rug saam te
dra.
C -By ruspunte vir
die Groom
7. WATEREMMER
noodsaaklik
By die ruspunt moet daar altyd water vir die perd wag.
Meeste Grooms kies n plek waar hulle met hul voertuig staan en
al hul voorbereiding vir die koms van perd en ruiter gereedmaak.
Kies n groot wateremmer wat minstens 20 liter hou.
8. STETTOSKOOP
opsioneel
Dit is belangrik vir die Groom en die ruiter om te weet
wat die perd se hartklop is wanneer die perd inkom van n been
se rit. Sommige ritte is op die oop hek sisteem en mag die perd
vir die Veearts aangebied word sodra die perd se pols onder 60
slae per minuut is. n Hart monitor kan ook werk maar is
aansienlik duurder as n Stetoskoop.
9. BOKKIE VIR DIE SAAL
opsioneel
Sodra die perd afgesaal word moet die saal op n
staander of rak geplaas word sodat dit weer maklik sonder sand
of klitsgras opgesaal kan word.
10. TAFEL EN STOELE
opsioneel
Die dag kan lank word as die ruiter nie ry om te wen
nie. Die Grooms gesels lekker terwyl hulle vir die perde wag en
is dit dus handig om kampeer stoele saam te vat. Die ruiter is
ook gewoonlik moeg en wil graag sit om iets te eet terwyl die
Groom die perd rondlei. n Klein opvoubare tafeltjie is ook aan
te beveel omdat daar vele dingetjies is neergesit moet word.
11. WATER VIR AFKOELING
VAN DIE PERD noodsaaklik
Daar is nogal n verskil van opinie of perde met water
afgekoel moet word of nie. Vir die wat wel daarin glo doen dit
gewoonlik as volg.
Meeste kenners glo egter dat mens op n warm dag water moet
gebruik om die perd af te koel sodat sy pols kan afkom. Sommige
Grooms gebruik n drom water met n klein Bulge pompie soos
hulle op hengelbote gebruik om die perd af te spuit. Ander
gebruik weer groot sponse om met water oor die nek en binnedye
van die agterbene af te koel.
Die waarskuwing is dat mens nie die dik boudspiere met koue
water moet benat nie. Dit is ook belangrik om nadat die perd se
lyf natgemaak is weer die water af te skraap. Dit help ook om
die hare teenoorgestelde kant toe te vee sodat verdamping
afkoeling kan veroorsaak. Hiervoor gebruik sommige Grooms ook
waaiers om die perd koel te waai.
12. KOELHOUER MET
VERVERSINGS- opsioneel
Dit is wys om n koelhouer met koeldrank, water en
eetgoedjies vir die ruiter by die ruspunt gereed te hou. n
Energiedrankie en sjokolade is gunstelinge. Maak ook seker dat
die ruiter iets in sy maag kry soos winkelpap met melk of n
vruggie soos n piesang of joghurt!
D -Vir die Perd by
die huis
7. KAMPIE VIR DIE PERD
noodsaaklik
Dit is beter dat die uithourit perd in n losloop kamp
gehuisves word as in n stal. Solank die kampie groot genoeg is
minstens sowat 30 meter wyd en 50 tot 100 meter lank. Groter
kampies is selfs beter omdat die perde graag hardloop en pronk.
As die kamp veel groter is raak dit soms n probleem om die
perde te vang as hulle baldadig raak.
Die keuse van die omheinings materiaal vir die kamp is uiters
belangrik. Swak omheinings veroorsaak dat Perde onnodig beseer
raak wanneer hulle hoewe iewers in n draad vashaak. Pasop vir
Bonnoks heining en selfs groot sifdraad waar die perd se hoef
met sy hoefyster vashaak en die hoef op die haarlyn of in die
kootgewrig sny. Dit neem maande vir so n besering om te herstel,
soms herstel dit nie weer sodat jy uithouritte met die perd kan
ry nie. Die beste materiaal om te gebruik is n pale heining of
enige ander materiaal wat nie die perde kan beseer nie.
Die kampie moet nie gesien word as bron van voeding vir die
perd nie, tog is dit voordelig as die perd kan knibbel om sy
tande te help afslyt. Kikoejoe kampies het ongelukkig meer
nadele as voordele. Die weidingsgehalte is swak en die
oppervlakte is te sag vir die hoewe. Sou mens die luuksheid van
wisselweiding met kampies kon doen, het dit groot voordele. Dit
is goed om die kampie waar die perde uitkom met n bossiekapper
of Mulcher plat te sny om al die perdemis en rankerige gras of
onkruid weg te slaan. Laat die son dit skoonbrand om n opbou
van siektes te voorkom.
8. OEFENRING VIR DIE
PERDE opsioneel
Om perde fiks te maak verg verskillende metodes van
oefening. Die oefenring se groot voordeel is dat die perd kan
hardloop sonder dat die bene die gewig van die ruiter dra. Mens
kan ook die perd laat oefen sonder dat die ruiter self by die
huis hoef te wees. In baie ruiters se geval is tyd beperk maar
die perd moet tog fiks bly, dan kan die groom die perd in die
ring laat harloop om voor te berei vir die rit.
Daar sal uiteenlopende voorskrifte vir die bou van oefenringe
wees. Meeste ringe word met houtpale gebou wat tot op ooghoogte
van die perd is. Die deursnit of radius van die ring is
belangrik. Die voorskrif wat goed werk is n radius van 11
meter, dus 22 meter deursnee. Dit veroorsaak dat die perd nie te
kort draai nie maar tog sy rug en lyf moet buig om al die spiere
te oefen. Maak net seker dat die hek goed kan toemaak omdat
skelm perde gou agterkom waar om uit te breek.
n Goedkoop en praktiese ring kan ook van ou motorbande gebou
word. Pak die bande soos n ketting in die vorm van n vaste
muur, met die bande plat op mekaar gestapel. Kap n ysterpaal
tussen twee bande in wat oorvleuel, een bo op die ander, die res
van die bande word dan bo oor die ysterpaal ingepak en so
opgebou tot gelyk met die ysterpaal. Skakel met Bob Seegers in
Graaff Reinette vir verdere voorskrifte oor hierdie en baie
ander wenke, sy kontaknommer is = 084 8880662 of Laura by 083
6746401
Die oefentyd in die ring is belangrik, asook om die perde elke
5 minute van rigting te laat verander. Sommige voorskrifte is om
die perd te laat oefen totdat hy begin sweet, en dan op te hou.
Ander mense stel weer voor dat jy minstens 20 minute ringwerk op
n slag doen. Kenners verkies om die perd nie langer as 45
minute in die ring te laat Gym nie. Sodra perde die ring begin
verstaan en geniet kan jy sy gang met jou stemtoon en sweep
beheer. Die sweep word nooit gebruik om die perd mee te slaan
nie, dit is n afrigtings tool wat geklap kan word om sekere
gedrag af te dwing. Dinge soos draf of gallop om van rigting te
verander om die perd te dwing om sy bene te wissel. Volledige
voorskrifte vir n oefenprogram sal in n ander module bespreek
word.
9. WATERVOORSIENING -
noodsaaklik
Vars skoon drinkwater moet altyd vir die perd
beskikbaar wees. Oop gronddamme is nie gesonde bronne van water
nie, dis meesal broeplek vir parasiete. Sommige mense leer die
perd om in sy kampie al uit n emmer te drink sodat die perd
op ritte en by ruspunte ook maklik uit die emmer sal drink.
10. OEFENROETES - handig
Beplan jou oefenroetes om verskillende tipe terrein in
te sluit. Sou daar n moontlikheid van n styl opdraende wees
waar die perde se hartklop binne n kort tyd opgejaag kan word
is dit waardevol. Iewers in die oefenprogram moet ook sanderige
oppervlakte wees, n rivierbedding of vir die gelukkiges n
sandstrand langs die see. Die voorskrifte vir n oefenprogram
sal in n ander module bespreek word. Oefenroetes van 8 tot 40
km is idiaal, in die week doen mens dan die korter roete en op
n naweek ry jy die langer roete.
11. VERVOER VAN PERDE -
noodsaaklik
Die duur deel van die sport is om jouself en jou perd
tot by ritte te vervoer. Verskeie metodes word gebruik, dit is
interresant om te sien hoe vindingryk mense is om die sport meer
bekostigbaar te maak. Die mees algemene metode om perde te
vervoer is met die Horsebox. Daar is enkelperd, tweeperd,
drieperd en selfs vierperd gesleepte Boxe wat gekoop of gebou
kan word. Soms laai mense perde op bakkies met n raamwerk en
windskerm oor die kappie. Ander gebruik weer n groot vragmotor
wat n klomp perde kan laai en dan ook as blyplek gebruik kan
word.
Die CRISBOX reeks Horsebox bied veilige roesvrye hoλ kwaliteit
waens wat perdvriendelik gebou en ontwerp is. Die vloer is nie
glibberig nie en perde beseer nie maklik nie. Die binnekant is
so ingerig dat mens maklik daarin kan slaap ook. Sou mens nuut
koop is die aanbeveling dat jy defnitief hierdie handelmerk sal
oorwweg. Hul Tel nommer is 012 -
.
Sou jy n goeie gebruikte Horsebox te koop kan kry, is dit
belangrik om na die volgende aspekte op te let.
Stel vas wat die Box weeg, as dit meer as 1,000 kg leeg weeg
vir n tweeperd wa mag dit baie sterk wees, maar dit gaan
moeilik sleep en jou brandstof rekening opstoot.
Laat kyk na die toestand van die wheel bearings omdat dit n
aanduiding kan wees van hoeveel werk die Box gedoen het. Groter
wiele en bande is ook n voordeel alhoewel die wa bietjie hoλr
van die grond af loop.
Let op na die wind weerstand, met ander woorde stel vas hoe
moeilik die wa gaan sleep, toets dit indien moontlik. Dit is
baie keer die rede waarom mense n Hosebox wil verkoop, omdat
dit moeilik sleep en brandstofverbruik van die sleepvoertuig
opstoot.
Let op na roes, ook onder die vloer waar mens nie maklik kan
sien nie. Goedkoop koop kan duur koop word as jy binne 3 jaar in
elkgeval n nuwe Horsebox moet koop.
12. BLYPLEK BY RITTE
ter inligting
Die blyplek by ritte kan bydra tot die uitstappie se
avontuur of plesier of dit kan die familie afskrik om nooit weer
saam te gaan na n rit nie.
Tent opslaan en kampeer is vir baie mense wat goed ingerig is
heel oraait. Sodra die wind egter opkom of dit swaar reλn het
dit ander implikasies. Dit is egter goedkoop en waar dit net 2
of drie persone betrokke is, blt dit n goeie opsie.
Agter op n bakkie met kappie op, val amper in die vorige
kategorie alhoewel dit werklik net slaapplek op n matras is.
Weereens vir net twee mense wat vir een of twee aande iewers wil
slaap.
Horsebox wat uitgewas is nadat die perde afgelaai is bied meer
ruimte as die bakkie, veral as dit ingeboude beddens in het.
Hierdie opsie is ook goedkoop omdat die Horsebox meesal gratis
mag staan, uitgesluit by Fauresmith natuurlik waar mens n
kampeerplek moet bespreek.
Karavaan op die perseel is luukser maar met vele voordele.
Meesal is die probleem hoe om die perde en die karavaan gelyk
daar te kry. Wat sommige mense doen is om met plaaslike mense op
die dorp waar die rit aangebied word, te reel vir die huur van
n karavaan wat dan by aankoms reeds opgeslaan is. Die karavaan
eienaar gaan breek dan self af en verwyder die karavaan terwyl
julle die perde laai, lekker nθ.
Bungalo of gastehuis naby die perde se blyplek maak die naweek
meer soos n kort vakansie vir die helpers en familie wat
saamgaan. Dit is die duurste blyplek naas n luukse Hotel maar
nou kan mammie en die Groom rustig wees omdat die gastehuis ook
etes voorsit. Om die koste vir die naweek te verlaag kan die
kinders moontlik by die perde in die bakkie of die Horsebox
slaap en die ouers in die gastehuis!
7. SLEEPVOERTUIG
noodsaaklik
Die uithouritsport se duurste uitgawe is waarskynlik
die reiskoste na en van ritte. In Suid Afrika is afstande ook
lank en mens spandeer baie tyd in die voertuig, neem dus in ag
hoeveel mense na ritte saamry alvorens jy oor n sleepvoertuig
besluit.
Om n tweeperd Horsebox te sleep kan selfs n Toyota 2,4
Diesel ook gebruik word, jy moet net stadiger ry, wat nie
noodwendig n fout is nie. Die dubbelkajuit voertuie is
natuurlik baie gewild omdat die hele familie dan binne kan ry
terwyl daar pakplek vir al die toerusting in die kappie is,
hulle het ook gewoonlik kragtiger enjins.
Kies liewers n Dieselvoertuig as sleepvoertuig omdat hulle
nie warm word as die vrag swaar trek nie. Dieselvoertuie se
brandstofverbruik is oor die algemeen beter en die diesel kos
ook nog bietjie goedkoper. Die grootste voordeel is natuurlik
die groter Torque van die Diesekvoertuig teenoor petrol
aangedrewe enjins, wat beteken die voertuig hou sy spoed beter
teen opraendes.
4 x 4 Voertuig is nie n vereiste nie, tog is dit handig om by
sommige ritte wel die opsie te hκ. Dit gaan eerder om die lae
ratverhouding om baie stadig teen n steilte uit te ry of om
agteruit te stoot.
AFSLUITING
Hierdie aanbevelings is baie eenvoudig geskryf omdat mens
nie n boek oor elke onderwerp wil skryf nie. Dit dien dus slegs
as riglyn en mens kan gerus by ritte meer uitvra om n wyer bron
van kennis tussen ervare ruiters te versamel. Ons hoop egter dat
dit van waarde kan wees vir mense wat tot die sport toetree en
onseker is oor wat hulle benodig. Onthou die uithouritsport se
leuse is - Lekker ry!!