-
Melkproduksie per
individuele koei –
elke dag elektronies
met die ALPRO
stelsel gemeet.
Koeie wat meer as
liter melk lewer –
in een voer groep -
gevoer met ‘n hoë
oktaan rantsoen.
Daar is deurlopend
sowat 600 koeie in
hierdie groep.
-
Koeie met ‘n
produksie van tussen
20 en 35 liter per
koei per dag in ‘n
ander groep. Hulle
word minder
konsentrate gevoer
as die hoë produksie
koeie.
-
Lae produksie koeie
– lank in laktasie –
onder 20 liter per
dag, word ‘n lae
onderhoudings
rantsoen gevoer.
-
Nuwe koeie – 3 tot
50 dae in laktasie
en wat in die proses
van voorbereiding
vir KI is, word die
hoë produksie
rantsoen gevoer.
-
Verse wat die eerste
keer kalf, ongeag
wat die produksie,
word saam gegroepeer
sodat die ouer koeie
nie die jongeres
karnuffel nie. Hulle
kry hoë produksie
rantsoen.
-
Hoë somatiese
seltelling (SST)
koeie word apart
gehou. Hierdie koeie
se melk word gebruik
om die kalwers onder
3 maande te voed.
Hulle kry ‘n lae
onderhoudingsrantsoen.
-
‘n 20 kubieke meter
dubbel tol Statiese
RMH Mengwa word
gebruik om al die
bestanddele te meng
en om die ruvoer in
30-mm tot 50-mm lang
stukkies te sny. ‘n
20 kubieke meter
self aflaai wa van
Landmech gaan voer
dan die koeie in hul
kampe.
-
Gereelde voeding
sessies van so 3 tot
4 per keer dag aan
die hoë produksie
groepe verseker dat
die koeie ‘bietjie-bietjie,
kort-kort’ eet. Vars
kos stimuleer inname
en uiteindelik ook
melkproduksie.
-
Die groot voordeel
van TMR-voeding in
‘n groep is dat dit
die koeie met ‘n
beter eetlus en
behoefte aan meer
kos, toelaat om meer
te eet sodat hulle
meer kan produseer!
-
TMR-voeding versprei
ook die konsentrate
oor die hele dag
sodat koeie nie te
veel konsentrate op
‘n slag eet nie en
so maagaandoenings
verminder.