Voedingsprogramme

Ons voedingsbeleid

 


Die voedingsbeleid van Mooimelk Koeihotel is daarop gemik om die voer wat op die besproeiingsplaas naby Cookhouse geproduseer word, maksimaal te gebruik. Die strategie is om 60% ruvoer en 40% konsentrate in ‘n totale gemengde rantsoen (TMR) te voer. Die norm in die meeste dele van die wêreld is om te voer vir die maksimum melkproduksie, dus 60% konsentrate en net 40% ruvoer.

Ons meer konserwatiewe voedingstrategie verbeter die koeie se gesondheid en verminder die risiko van suurpens in die koeie. Die volgende riglyne word gevolg om die resultate en norme deur ‘n spesialis voedingskonsultant vir die kudde aanbeveel, te moniteer.

  1. Die TMR-rantsoen moet so gebalanseer wees dat dit bestaan uit 17% proteïen en 69% TDN – let daarop dat dit die enigste kos is wat die koeie kry.

  2. Droë stofinname (DM) per koei moet minstens 1 kg DM vir elke liter melk wat produseer word wees – gemeet oor die totale volwasse koeikudde.

  3. Die melk ureum stikstofvlakke (MUR) in die melk van die koeie behoort tussen 12 en 18 dele per miljoen (PPM) te wees.

  4. Die kondisietelling van die koeie met melk moet tussen 2 en 3 wees.

  5. Koeie in die opdroogstadium moet kondisietellings van meer as 3 hê.

 

 

Voedingsbronne


Eie voer is die geheim van ekonomiese melkproduksie. Die volgende voer word deur die eienaar geproduseer of van bure binne ‘n afstand van 20 km met ‘n trekker bereikbaar, aangekoop:

  1. Lusernhooi: Gebaal teen 15% voginhoud , ingesluit as 10% van die TMR-rantsoen op  ‘n DM-basis – 18% proteïen.

  2. Gekapte groen lusern: Gebaal dieselfde dag wat dit gesny is– 70% voginhoud. Ingesluit as 10% van die TMR-rantsoen. 26% Proteïen – ryk aan vitamiene.

  3. Mieliekuilvoer: Gekap in die sagte deegstadium wanneer die pitte net begin droog word – 63% - 68% vog.   Mieliekuilvoer word ingesluit as 20% van die TMR op ‘n DM-basis. 8% Proteïen / 65% TDN.

  4. Hawer: Gesny wanneer die saad in die deegstadium en die plant nog groen is en toegelaat word om behoorlik droog te word. TMR-rantsoen – 7% proteïen met ‘n hoë veselinhoud.

  5. Mielies word gekoop van plase in die Klipfonteinarea en dan gemaal met ’n hamermeel met ‘n 6-mm sif – word as 25% van die TMR-rantsoen ingesluit. 8% Proteïen/82%TDN.

  6. HPK: Hoë proteïen konsentraat – ingesluit as 5% van die TMR hoofsaaklik om die proteïen en minerale sowel as die spoorelemente in die rantsoen te balanseer.

  7. Heel kantoensaad word ingesluit as 4% van die TMR – hoofsaaklik as ’n proteïenbron, grootliks ingevoer van Zimbabwe. 26% Proteïen.

  8. Soja oliekoek:  ‘n hoë proteïenbron ingesluit as 3% van die TMR-rantsoen – 38% proteïen.

  9. Brouersgraan:   ‘n neweproduk van bierbrouery– word ingesluit as 6% van die TMR-rantsoen. Hoog in energie en proteïen. 22% Proteïen.

  10. Sitruspulp –ook ‘n neweproduk van die lemoen sapproses – hoog in maklik verteerbare suikers – 5% insluiting by die TMR rantsoen – 6% proteïen.
     

 

 
 
 
 
 
 
 
 
 
   
   
   
   
   
   
   
   
 
 
 
 

Metode van aanwysing en voer van die koeie

 
 


Koeie word in groepe van 250 gehou wat beteken dat elke koei 80 m² het om vrylik in te beweeg, met ‘n betonpaadjie waar 750-mm voerspasie per koei voorsien is, Faktore wat in aanmerking geneem word wanneer koeie gegroepeer en gevoer word, is die volgende:

  1. Melkproduksie per individuele koei – elke week gemeet met Waikatomelkmeters. Koeie wat meer as 25 liter melk lewer –  in een groep  - gevoer met ‘n hoë rantsoen.

  2. Koeie met ‘n produksie van tussen 15 en 25 liter per koei per dag in ‘n ander groep. Hulle word minder konsentrate gevoer as die hoë produksie koeie.

  3. Lae produksie koeie – lank in soging – onder 15 liter per dag, word ‘n lae onderhoudingsrantsoen gevoer.

  4. Nuwe koeie – 3 tot 50 dae in soging en wat in die proses van voorbereiding vir KI is, word die hoë produksie rantsoen gevoer.

  5. Verse wat die eerste keer kalf, ongeag wat die produksie, word saam gegroepeer  sodat die ouer koeie nie die jongeres karnuffel nie. Hulle kry hoë produksie rantsoen.

  6. Hoë somatiese seltelling (SST) koeie word apart gehou.  Hierdie koeie se melk word gebruik om die kalwers onder 3 maande te voed. Hulle kry ‘n lae onderhoudingsrantsoen.

  7.  ‘n Mengwa word gebruik om al die bestanddele te meng en om die ruvoer in 30-mm tot 50-mm lang stukkies te sny.

  8. Gereelde voedingsessies van so 3-4 per dag aan die hoë produksie groepe verseker dat die koeie ‘bietjie-vir-bietjie, kort-kort’ eet. Vars kos stimuleer inname en uiteindelik ook melkproduksie.

  9. Die groot voordeel van TMR-voeding in ‘n groep is dat dit die koeie met ‘n beter eetlus en behoefte aan meer kos, toelaat om meer te eet sodat hulle meer kan produseer!

  10.  TMR-voeding versprei ook die konsentrate oor die hele dag sodat koeie nie te veel konsentrate op ‘n slag eet nie en so maagaandoenings verminder.

 
 
 
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
 
   
   
   
   
     


#Copyright Mooimelk Koeihotel